Bejaarde dokter vas vir lewenspolisbedrog

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

’n 84-jarige dokter van KwaZulu-Natal is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog met betrekking tot ’n lewenspolis.

Hy word saam met die polishouer, die eiser en begrafnisondernemer van bedrog aangekla.

Volgens kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, is die dokter glo in Mei 2020 deur ’n begrafnisondernemer ontbied om ’n persoon dood te verklaar. Die dokter beweer die persoon was wel dood en hy het hom dus dood verklaar.

“’n Doodsertifikaat is deur die departement van binnelandse sake uitgereik en die oorledene is glo veras,” sê Mhlongo.

’n Eis vir ’n lewenspolis van R6,5 miljoen is daarna ingedien.

“Die versekeringsmaatskappy het ’n interne ondersoek van stapel gestuur en bevind dat die oorledene – die polishouer – eintlik springlewendig is.  Laasgenoemde het na bewering die versekeringsmaatskappy probeer bedrieg.”

’n Klag van bedrog is by die polisiestasie in Berea aanhangig gemaak en die saak is na die Valke oorgeplaas.

Die polishouer, Emmnuel Ponen (33), die eiser, Merlen Munusamy (45), en die begrafnisondernemer, Sifiso Gabela (47), is reeds verlede jaar in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting weer op 17 Maart in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Durban verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Phillip ·

Maar wie is dan die persoon wat veras is dan . Dan is die se as ook aan verkeerde Familielede gegee . As hy wel lewe . Dan kort daar n as of het daai Familielede ook verkeerde as ontvang. Oe my liewe aarde

Koos 100 ·

As daar werklik ‘n liggaam in die kis was wat veras is?

Christine ·

Wie was dan die dooie man wat die dokter dood verklaar het? O genade. Maw, daar is ‘n moontlikheid dat ‘n dokter ‘n lyk gewys kan word, maar dit is dalk die verkeerde persoon? O aarde, elke dag nuwe dinge.

Katinka ·

Jy kom nie met dit in vandagse tyd weg nie, leer die mense nooit nie.

Marius ·

Kan die versekeringsmaatskappy nie dalk SAPS gaan leer om die kaders ook so vinnig vas te trek nie???

Christine ·

Ons speurders van ouds werk almal vir assuransiemaatskappye.

Casper ·

Met die persoon se afsterwe word ‘n BI 1663 notisie of death voltooi.Die dokter gee die oorsaak van dood aan,die begrafnisondernemer neem die oorlede se duimafdruk en plaas dit op die BI1663.Die informant se duimafdruk kom ook op die vorm en ‘n volledige stel vingerafdrukke word van die informant geneem.As die persoon dan nog lewe wie se fingerafdruk is op die BI 1663 geneem en wie is veras Wwar het die dokter die persoon dood verkkaar,by die begrafnisondernemer.Waar us die persoon oorlede.Die dilemma kom om die dooie persoon wat nie dood is nie lewendig te maak want volgens die Bevolkings register is die persoon se dood geregistreer.

Phillip ·

Dankie Casper dis wat ek probeer se wie is in daai kis gesit . as die kis leeg is dan kan die as nie n 1kg weeg nie. klink of jy n begrafnisonderneming is En weet waar van jy praat ek help uit na ure inhaale

Casper ·

Met ander woorde die persoon wat dood is en nie dood is nie was die versekerde en ‘n ander lyk is in sy plek veras.Mega bedrog.Ek het 37 jaar vir Binnelandse sake gewerk en het hordes sulke sake ondersoek.

Christine ·

Dankie Casper, daar het jy sommer al my vrae beantwoord. Ek lees daar is 1000 onbekende lyke by lykshuise in Gauteng…. Dit was een van hulle glo ek en die lewendige ou het seker ingegaan om sy vingerafdrukke op die vorm te plaas. Oeeee, die mense darem!

Madz ·

Ja nee… wat anders verwag mens…. Ons maak nie soos in ROME nie… ons maak soos in die parlement!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.