ʼn 71-jarige vrou van Dududu in KwaZulu-Natal het in die hof verskyn op aanklag van dwelmhandel, nadat 18 sakke vol los dagga, ter waarde van meer as R100 000, in haar huis gevind is.
“Badumile Ncwane het Vrydag in die Vulamehlo-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel,” het lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê.
Die polisie het inligting ontvang oor ʼn vermeende dwelmhandelaar in Dududu. “Lede van die Umzinto-honde-eenheid en lede van Durban se nasionale ingrypingseenheid het ʼn klopjag uitgevoer en op Ncwane se huis toegeslaan,” het Gwala bygevoeg. “Die polisie het op die dagga, wat 53,3 kg weeg, afgekom. Die polisie het beslag gelê op die dagga.”
Die vrou is vrygelaat op borgtog van R1 500 en moet op 27 Mei weer in die hof verskyn.
Kleinsakeonderneming. Die regering het haar heel waarskynlik subsidieer om dit tot stand te bring.
Daar is nou vir jou ‘n lekker “with-it” ouma!
Ja nee is moeilikhied makers op alle vlakke en ouderdom… so deursigtig… Alles kom hulle toe…
Hulle se die Ouma is so kalm soos n dagga walm…
hahaha!!
Dit ‘n Du-du-du Ouma daardie!
Ek wonder nou maar net of sy n “Skyf” gaan maak trok se kant toe.
17 Mei Se tog vir my die vrou was id middel vd woestyn en naby dood vd honger?? miskien sal ek dan verstaan………..
Siestog, die Ouma kry seker swaar en wou sy net ‘n geldjie in om kos te koop. Gun haar tog iets in die lewe!!!!
Hulle het lank gevat om haar te kry. Die ouma was blykbaar baie lank agter n rook skerm..