Bejaardes by huis in spogbuurt aangeval

Die bejaarde egpaar is Woensdagoggend by hul huis in Waterkloof-Rif oorval. (Foto: Emer-G-Med)

’n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend helder oordag deur gewapende rowers by hul huis in Waterkloofrif in Pretoria-Oos aangeval. Die voorval het ongeveer 08:40 in Ariesstraat plaasgevind.

Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med, sê die egpaar (vermoedelik in hul 70’s) is deur ʼn onbekende aantal rowers oorval, wat ná die aanval van die toneel gevlug het.

Die bejaarde egpaar is Woensdagoggend by hul huis in Waterkloof-Rif oorval. (Foto: Emer-G-Med)

Die aard van die egpaar se beserings is nie bekend nie, maar volgens Van Reenen is die man en vrou op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Hul name en presiese ouderdomme is nie in dié stadium bekend nie.

’n Navraag is aan die polisie gestuur en Maroela Media sal meer inligting bekend maak sodra dit beskikbaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jacobus ·

Hulle noem dit n querilla oorlog wanneer terroriste ou weerlose mense, vroue en kinders aanval. Dit is waarin SA vasgevang is. Dit is n werklikheid en kannie ontken word nie, ons sien dit elke dag.

Francois ·

Hierdie dade word gepleeg deur werkers wat vertroud is met die mense en die ligging van die huis en die inhoud daarvan. Slegs 1% van alle aanvalle en inbrake geskied op n lukrake manier. Check maar altyd die huis en tuinwerkers.

Hendrik ·

Die mense van die spogbuurt moet hulle maar omhein en afsluit soos ander woonbuurte. Kenners soos Dr Frans Cronje noem so buurt dan ‘n veiligheidsenklawe. Dit is ‘n baie effektiewe manier om misdadiger uit te hou.

Harley Davidson ·

Met die afwesigheid van polisie in suid afrika maak die kriminele net wat hulle wil want wie gaan hulle keer,die gewone man op straat is so gebreinspoel dat in die meeste gevalle sal 95% nie betrokke raak of net ‘n selfoon video neem Dink net daaraan hoekom is ons nie voor 94 so aangeval en vermoor nie?

Niklaas ·

Dalks weer inwoners van ons buurlande wat werkloos is , en geen genade betoon aan bejaardes nie.

JM ·

JohanR, sekuriteit hou nie altyd die skurke uit nie. As hulle wil inkom, gaan niks hulle keer nie.

Vlekkie ·

Inside job! Tuinier of huiswerker of bure se werkers. Geen rower ry rond op en af en besluit “ek gaan nou hier inbreek” nie. Ek wens net polisie beamptes wil dit in hul koppe kry! Dis hièr waar hul dadelik en aanvallend met interregasie moet begin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.