Bestuurder vlug ná ongeluk wat vier eis  

(Foto: Port Elizabeth Traffic Updates/Facebook)

ʼn Vragmotorbestuurder wat glo van ʼn ongelukstoneel gevlug het waar vier mense dood is, word deur die polisie in Gqeberha gesoek.

Volgens kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het ʼn motor en ʼn vragmotor Saterdag omstreeks 23:50 op die kruising van die R75 (Uitenhageweg) en Johnsonweg gebots.

“ʼn Nissan Almera met vier insittendes het op die R75 gery en by die kruising in Johnsonweg ingedraai toe dit reg van voor met ʼn FAW-vragmotor wat op die R75 in ʼn teenoorgestelde rigting gery het gebots het.”

Die vier insittendes van die Almera, twee mans en twee vroue, is op die toneel dood.

Die bestuurder van die vragmotor het van die ongelukstoneel gevlug en die polisie soek na hom. ʼn Saak van strafbare manslag word deur die KwaZakhele-polisie ondersoek.

Enigiemand wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan, word versoek om kapt. Van der Berg te kontak by 082 394 5957 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Kom ons kyk of hoed se mense die bestuurder kan opspoor. Dit is tragies.

Danie ·

Al wat die bestuurder gaan se is dat hy weens skok weggehardloop het.

Swerwer ·

Net 4 redes hoekom die drywer van die vragmotor sou vlug, het beslis nie ‘n wettige lisensie gehad nie, of onder die invloed van drank, of die Vragmotor moes “gehijack” gewees het, of die is ‘n onwettige immigrant.

Pietertjie ·

Dis darem één ding wat our people goed kan doen: weghardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.