Beurtkrag: Eskom waarsku weer

Die Tutuka-kragsentrale in Mpumalanga. (Foto: Eskom)

Hoewel beurtkrag nie tans geld nie, het daar sedert die naweek verskeie probleme by opwekkingseenhede opgeduik en gevolglik is die kragstelsel onder kwaai druk.

Eskom moes dus heelwat van sy noodopwekkingsreserwes gebruik, wat volgens die kragvoorsiener in hierdie stadium moeilik is om weer op te vul.

Sommige van die stukkende eenhede is reeds in diens gestel, maar teen Dinsdagaand was ʼn eenheid elk by Matimba en Hendrina steeds van lyn af, terwyl ʼn eenheid by onderskeidelik Majuba en Kendal uitgeskop het.

Vertragings om eenhede by Kusile, Tutuka, Duvha en Grootvlei weer aanlyn te bring, het ook tot druk op die netwerk gelei.

Altesame 14 134 MW is weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl beplande instandhoudingswerk beteken dat nog 5 028 MW uit die netwerk gehaal is.

Eskom sê indien daar enige verdere verlies aan opwekkingskapasiteit is, sal beurtkrag op kort kennisgewing in werking gestel moet word.

Die kragvoorsiener het verbruikers gevra om beurtkrag te help vermy deur elektrisiteitsverbruik te verminder en alle nienoodsaaklike items af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

annie ·

Net sodra die winter op die horison wink begin Eskom met sy streke. En nou is Koeberg ook nog besig om te wonder wat in sy ou kop aangaan om ou parte iewers te bekom vir al die skroewe wat los is. Ons is moeg vir Eskom se speletjie telkens wanneer hulle kragpryse wil opjaag. Uitindelik gaan niemand meer die luukse kan bekostig nie. En dan…

Jr ·

Ja nee en 2022 sal beter as 2021 wees. Ja nee en ek is n Hollywood filmster. Time for Tellytubbies. Time for Tellytubbies. Price increase time as in 2004, 2005, 2006 – tot 2022

Anon ·

Eskom wil méér en méér hê maar lewer die swakste denkbare diensverskaffing. Is dit die kliënte se skuld dat die maatskappy swak bestuur is? Nee nee, maar ons moet maar hoes. Genoeg ook nou. Waar is al die grootpraters met hulle petisies, al iets bereik?

Piet parys ·

Gaan oor op solar petisies gaan niks help nie want die Anc misluk in alles wat hy aan raak . Geen en niks tussen hulle ore nie

MakersMark ·

Wonder waarmee hou die bestuur hulself mee besig as kraglewering – hul enigste produk en inkomste, en geproduseer deur hul eie bates – nie aan voldoen word nie. Te veel mooi praatjies deur senior bestuur en te min doen. Dink dit het maar dieselfde afdraande pad gegaan by ‘n verpakkings vervaardigings maatskappy so paar jaar terug.

Mudguard ·

As die ” fish en chips ” winkel op die hoek nie kan ” fish en chips” voorsien nie, dan speel hy bankrot. So sluit maar Eskom se deure en maak toe. Moenie die ligte afsit nie. Dis klaar af.

Casper ·

Annie,om by jou aan te sluit is dit noodsaaklik dat escom oop kaarte speel met ons.Ek dink nie hulle het geld om al die kragstasie te onderhou nie en te bedryf nie.Daar is nog te veel ongerymdhede en diefstalle wat daar plaasvind.Kyk maar wat het by Thurhuka gebeur.’ʼn Verhoging in elektrisiteitspryse is nie die oplossing nie want diegene wat nou nie betaal nie gaan nog minder betaal en dan moet die betalers die nie betalers subsidieer wat heeltemal onregverdig is.

Chef ·

…en dan wil hul diegene wie onafhanklik wil raak in terme van hul eie elektrisiteitsvoorsiening straf deur middel van buitensporige verhoogde tariewe?

Papsak ·

Winter tyd ag hoe wonderlik nou lol die krag weer hulle is almal klomp patete oor en uit

piet ·

Die ironie is dat Molefe korrup was maar hy het darem die ligte aangehou.

SlinkseKoljander ·

Alles n klug net om vir meer geld te vra, patetiese ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.