Beurtkragfase ‘onmiddellik’ verhoog

(Foto: Du Preez de Villiers / Maroela Media)

Fase 4-beurtkrag word met onmiddellike effek ingestel en sal tot Maandagoggend om 05:00 geld. Só het Eskom laat Saterdagaand in ’n kort kennisgewing gesê.

Die verhoogde fase is onder meer as gevolg van verdere kragstasies wat onklaar geraak het.

Dit is ook nodig om die beperkte dieselvoorraad te bespaar en damvlakke by pompopgaarskemas aan te vul.

Maroela Media het vroeër berig dat Eskom se versoek aan die nasionale tesourie vir R19,5 miljard om diesel te koop, na alle waarskynlikheid afgekeur sal word.

Eskom gebruik sy oopsiklus-gasturbines – wat diesel gebruik – om beurtkragfases te verlaag wanneer opwekkingskapasiteit onder druk is. Eskom het verlede maand gesê hy het nie meer geld vir diesel nie. Die kragvoorsiener het vanjaar reeds meer as R12 miljard aan diesel bestee, veel meer as sy aanvanklike begroting van R6,1 miljard vir die ganse boekjaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.