Bfn-sangeres vermis

Monique Trollip (Foto: Monique Trollip, Facebook))

Die polisie in Bloemfontein is op soek na ʼn plaaslike sangeres wat Maandagmiddag spoorloos verdwyn het.

Monique Trollip – wat onder die verhoognaam Michelle Claassen optree – is omstreeks 13:00 vir die laaste keer gesien.

Volgens Monique se broer, Wayne Trollip, het sy hulle ouma in kennis gestel dat sy gou winkel toe gaan. Monique woon saam met haar ma en ouma in Generaal de Wet.

Sy het haar selfone by die huis gelos en met haar oranje-goudkleurige Chevy Spark winkel toe gery.

“Teen 14:30 het my ouma laat weet dat Monique nog nie tuis is nie. Ons is 16:30 na haar huis en het haar begin soek. Ons het na alle winkels waar sy moontlik kon wees, gegaan. Ons het hospitale ook gekontak, maar niks wys geword nie,” sê Wayne.

Volgens Wayne het die polisie op kringtelevisiebeeldmateriaal afgekom wat wys dat Monique se motor Maandagaand buite Colesberg – sowat 235 km van Bloemfontein – opgemerk is. “Die motor het egter nooit Colesberg verlaat nie.

“Ons het gastehuise in Colesberg gebel om te hoor of Monique daar is, maar haar nie gevind nie.”

Wayne sê dit is buitengewoon vir sy suster om so lank van die huis af te wees. Hy vertel dat sy nie sommer alleen die langpad sal aandurf nie.

“My ma of ouma ry meestal saam met haar, want sy hou nie van alleen ry nie. Sy is ook baie huisvas.”

Wayne sê die onsekerheid oor waar Monique haar bevind, eet aan hul gesin.

Enigiemand met meer inligting oor waar Monique moontlik kan wees, kan Wayne by 084 384 1116 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Hoop en hoop en hoop soe dat Monique gevind sal word en is ongedeurd. Is dit nie tyd dat die verpligtend word dat jy ‘n Tracker moet he?

Ek kan ·

Nee, dit is nie tyd dat ‘n tracker verpligtend moet wees nie. Wie dink jy gaan dit beheer?

Swerwer ·

Sterkte aan die familie, bid saam en glo dat sy veilig sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.