Blaservertoning onder vergrootglas

Die Stormers vier hul spogsege in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Foto: Twitter.

Dit help nooit om oor gedane sake te kla óf om verskonings te soek nie, maar Andrew Brace se vertoning in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) het veral in Pretoria ’n paar wenkbroue laat lig.

Jake White het al die kuns vervolmaak om iets met ’n ompad te bevraagteken en die Bulls se direkteur van rugby het ná die afloop van die wedstryd dit geïmpliseer dat die skeidsregtervertoning ’n rol in die uitslag van die wedstryd gespeel het.

Die Pretorianers het die wedstryd met 18 – 13 verloor nadat die Stormers met ’n uitstekende poging in die tweede helfte vorendag gekom het.

“Dit is maar hoe dit is; ek dink nie ons sou ooit daardie wedstryd gewen het nie. Ek dink dat die skeidsregter uitstekend was en hy het dinge hanteer soos wat hy dit gesien het. Op die ou einde is dit eintlik al wat jy van ’n skeidsregter verlang,” het White gesê.

Volgens White help dit nie veel om ’n klakous te wees nie, terwyl hy ook sy spelers leer om ’n nederlaaghou op die ken te vat en aan te beweeg.

“Teen rustyd het hulle in ons helfte van die veld gespeel en ’n strafskop vir onkantspel gekry. Ons was omtrent ses keer in hul speelgebied en kon nie een keer ’n strafskop bewerkstellig nie. Ons het nie beheer oor sulke dinge nie.”

Maroela Media het by Stefan Breytenbach gaan kers opsteek om te hoor wat hy van die skeidsregtervertoning gedink het.

Breytenbach was in sy skeidsregterdae een van Suid-Afrika se voorste assistent-skeidsregters en hy was onder meer saam met Jonathan Kaplan en Christie du Preez in aksie by die 2013-Curriebekereindstryd tussen die WP en die Haaie.

“Kyk, moet dit nie van die Stormers wegvat dat hulle die titel verdien het nie. Tog glo ek dat hulle met veral onkantspel weggekom het.”

Volgens Breytenbach was daar egter drie beslissings wat ’n groot invloed op die wedstryd gehad het.

“In die 44ste minuut was Damian Willemse ’n paar meter onkant by die skrum wat tot die Stormers se eerste drie gelei het. Terselfdertyd kan Evan Roos se drie ’n minuut later as ’n dubbelbeweging gesien word omdat hy vir ’n tweede keer sy knie gebruik het.”

Hy het ook ’n keer of wat weer na die finale beweging van die wedstryd gekyk.

“’n Losskrum was toe gevorm en tegnies gesproke mag Warrick Gelant dan nie die bal gespeel het nie. Hy was die tweede speler wat by die losskrum gearriveer het en hy het nie dieselfde regte as die speler wat eerste by die aksie betrokke was óf die duikslag uitgevoer het nie.

Op sy beurt het John Dobson nie veel klagtes oor die skeidsregter se vertoning nie.

“Selfs toe ons agter was, het ek vir myself gesê dat hy hom goed van sy taak kwyt – veral wanneer jy die skeidsregtervertonings in ons vorige wedstryde in ag neem. Ek dink hy was rêrig goed,” het die Stormers-breier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

MakersMark ·

Dankie Stefan Breytenbach. Presies wat ek gesê het. Bulle was beter eerste helfte, Stormers 2 de helfte. In uitklop rugby maak een verkeerde beslissing ‘n massiewe impak op die uitkoms van die wedstryd. Hier was drie van hulle. En dis dieselfde tipe swak inkonsekwente beslissings waaroor Rassie feen die B&IL gekla het. Roos se gekruip, Stormers se aanhoudende onkant spel en Willemse se vorentoe aangee.

piet ·

Julle is 3 keer uitgeklop deur die Stormers hierdie seisoen. Dis wat ek nou uitklop-rugby sou noem.

MakersMark ·

Ha ha gedog jy sou so sê……laaste een nie geklop maar uit verneuk.

Manie ·

Dit gebeur in alle wedstryde. Die span wat die beste by die skeidsregter se vertolking van die reëls aanpas, is gewoonlik aan die wenkant. Soos hulle sê: “What you loose on the swing, you win on the merry go round.”

Rjyan ·

Al wat ek vra is kom ons kyk na albei spanne se foute,kan Stefan die expert vam ouds net die bulle se foute ook uitwys ,hoekom net na die wen span se foute kyk of uitwys ,dit se ongelukkig alles

Boer ·

Ek stem 100% saam almal kla oor die drie maar wat van die bulle wat permanent voor die skopper was en die laaste een hulle nog ‘n stafskop gekry daai was 3 punte op die bord. Die eerste drie van die bulle dit was ‘n truck en trailer beweeging so daar moes ‘n strafskop na die Stormers gegaan het. Die game is kla Check the score board

Fran ·

Die stormpies was uiters gelukkig om met moord en die beker weg te kom. Ongelukkig was die skeidsregter se swak beslissings die wenner.

Hennie ·

Se ek ook Piet, VRYSTAAT word altyd leeg gekoop. Suur druiwe BULLE

Hannelie ·

Die druiwe is suur né. Jul moet leer om jul pak soos ‘n man te vat. Groot bek voor die wedstryd gewees, na die wedstryd lek jul wonde en probeer skuld op die skeidsregter pak.
Shame on you.

MakersMark ·

Niemand was grootbek nie die artikel praat van ‘n skeidsregter wat self swak beslissings uitwys. Dalk moet jy hom vra of hy ‘n bulls ondersteuner is…..

Kobus ·

Kom nou Piet. Freek Burger het ook op SuperRugby paar uitwysings gedoen. Roos se drie is onder verdenking en die Stormers het heeltyd onkant gespeel. Net sodat jy weet, ek is nie ‘n Blou Bull ondersteuner nie maar is nie blind vir skeidsregter beslissings wat verdag is nie. Deon Fourie was ‘n doring in Bulle se vlees.

Piet ·

Ons sal, Stompies het al hulle geluk hierdie jaar opgebruik, Bulle speel volgende jaar in die eindstryd teen ń Ierse span????

VaalDonkie ·

Man, die enigste span wat die Stormers kan wen is die Sharks.

N ·

Hahaha, Stompies? Die stompies het jou flou bulle geklop , gekoopte span en al.

SwartBees ·

Wat praat jy nog, bulle het klaar volgende jaar se beker gewen.

Hennie Biebouw ·

“Dit help nooit om oor gedane sake te kla óf om verskonings te soek nie,..”…and yet, here we are….

Shakespeare ·

Die Bulle was vlugvoos en sou gewen het as hulle meer tyd gehad het om te herstel.

Hannelie ·

Ag nee man soek ‘n ander verskoning. Vat jul verloor!!!!

Hennie Biebouw ·

Vlugvoosheid oftewel “jet lag” is ‘n fisiologiese toestand wat voortspruit uit veranderinge aan die liggaam se sirkadiese ritmes veroorsaak deur vinnige langafstand trans-meridiaan (oos-wes of wes-oos) reis. Vlugvoosheid is nie ‘n faktor as jy van suid na noord en noord na suid in dieselfde tydlyn reis nie.
So nee….vlugvoosheid was nie ‘n faktor nie.

Henning ·

Noord-suid gevlieg …geen vlugvoos nie, en besigheidsklas

piet ·

Hulle was seker ook vlugvoos toe hulle vroeer die seisoen 2-keer teen die Stormers verloor het.

pompies ·

Die bulle en hulle ondersteuners kan maar net nie ophou kla nie en moet altyd iemand kry om te blameer vir hulle eie vrot spel. lekker suur druiwe aan hulle kant want hulle het gedink die beker gaan saam met hulle terug Pretoria toe hulle moes net opdaag maar toe het doe stormers ander planne gehad.

Kerneels ·

Nee pompies, slegs blatante foute van die ref net uit gewys – deur `n ander ref. Nie bul ondersteuners.

piet ·

Hannelie, wat nogal vreemd is want hulle verloor gereeld (veral teen die Stormers). Behoort nou al gewoond te wees daaraan.

Watsenaam ·

n’ Ou grote het eenkeer gese:”looks at the score board” ..Sela.

Nie Verbaas ·

Wonder maar net wat sou kommentaar gewees het as dinge andersom was. Ek dink terug aan n wedstryd jare gelede tussen Bulle en Sharks waar Bulle gewen het.

Nie Verbaas ·

Bulle het ongelukkig ook nie op die dag binne die regverdige reels gewen nie. Skeidsregters maak foute en ons moet dit maar aanvaar.

Kerneels ·

Ek verloor eerder as om op bedrieglike wyse `n beker te wen. Stormers weet hulle het met moord weggekom.

Manie ·

‘n Goeie verloorder is iemand wat gereeld verloor en al gewoond geraak het daaraan. Bedrieglike wyse, nee, met moord weggekom, dalk ja, maar dis hoe dit gaan in sport, die bal hop nie aldag reg vir jou nie.

Hannelie ·

Suur druiwe!!! En hoekom het ek geweet die Bulls ondersteuners gaan kla. Ek lees hul al soos ‘n boek. Groot gepraat voor die wedstryd……wonde gelek na die wedstryd…..nou soek hul verskoning, net om hulself gerus te stel.
Wel ek moet sê die STORMERS was die beste!!!!!!!!

Nick ·

ag shame. arme bulletjies. huil nou oor die ref. Man up man!

Kirst ·

As stoere Bul ondersteuner gun ek die sywurms hulle beker. Die Bulle het die eerste helfte oorheers (met dieselfde skeidsregter) maar stoom verloor na halftyd. Of dit was weens moegheid na die heen en weer reis of onfikshied is irrelevant – dit het hulle die wedstryd gekos. Die artikel stel dit egter duidelik; dit was nie die Bulle of hulle ondersteuners wat gekla het oor skeidsregterbesluite nie, maar ‘n ervare wedstrydbeampte.

MakersMark ·

Presies maar sywurms so opgevang in eerste beker oorwinning in jare dat dit misgekyk word. Blinde rugbykenner kon die swak beslissings raaksien. En omdat dit al rede is hoekom die sywurms gewen het sal sywurm ondersteuners die swak beslissings verdedig en miskyk. Eintlik het rugby verloor – as ‘n span wen agv swak beslissings.

piet ·

3-zip is al wat tel. Kaap se beker loop oor, nulle se vertoonkas is nie meer ‘n vertoonkas nie.

Kirst ·

Ek kan verstaan waarom die sywurms so opgewonde is. Hulle het die enigste trofee gekry wat nie in die Bulle se kas staan nie. Die res is in Pretoria.

MakersMark ·

Geen Curriebeker, geen super rugby (in die geskiedenis vanaf(1996), wen eerste URC agv ref. Kan verstaan dit voel of hul die lotings prys by die kerkbasaar gewen het.

piet ·

Die nulle het gereken Leinster is hul Everest maar vergeet toe van die moewiese Stormers Tafelberg wat hulle reeds 2-keer die seisoen geklop het in die Kaap en op Moftus.

Fran ·

Ag ou Piet. Wat van die stormpies wat laas in 1986 ‘n beker kon wen. siestog

N ·

WP het laas in 2017 die currie beker gewen. Jys nie dalk deurmekaar met sokker nie?

Perdeby ·

Siestog Bulle maak vrede julle het verloor! Genugtig die skeidsregter kry altyd die skuld as ‘n span verloor, en as die Stomers verloor het en die Bulle gewen het dan het die skeidsregter nie die skuld gekry nie, want die Bulle het mos gewen. Maak vrede daarmee en probeer maar volgende keer weer. Mooi STOMERS!!!!!!!!!!! Geweet julle gaan wen.

MAGRIETHA ·

Deur die wedstryd die skeidsregter dopgehou en presies di foute bespeur en my vraag was ook waar was onse ervare lynregters hoe kon hul nie die onkant blootgele het nie hul is dan teen aan die spel , Roos se drie was nie n drie nie heeltemal reg die ref moes na tv ref gegaan het , dan hendriks se geelkaart was dit werlik nodig dis nie suur druiwe nie maar feite

piet ·

Hendriks se geelkaart was onnodig, dit moes ‘n rooikaart gewees het.

duiweboer ·

Vir al die Bulle ondersteuners. Lek julle wonde. Die eind flytjie het geblaas. Julle was nie eens in die tweede helfte nie. Jammer die wedstryd was nie 20 minute langer nie dan was die telling 60 : 13

piet ·

Ek sal die wedstryd weer moet kyk. Die nulle moes meer onkant gewees het want die Stormers kon nie net met 5 punte gewen het nie.

Louis ·

Arme ou bulletjies kan dit maar netnie vat om te verloor nie.

Casper ·

Stefano Bretenbach was in my lewe nog nooit as skeidsregter so gevloek soos die dag toe hy H T S Middelburg teen Middelburd Hoërskool geblaas het nie.Hoekom het hy hy nooit provinsiaal geblaas nie.Ek ken tot sy pa.Hy was in beheer by die Pumas toe my seun daar geblaas het.My seun het liefs die pad gevat en by die Lammergeiers gaan blaas

piet ·

Terwyl die nulle nog vingers tel oor die aantal kere wat hulle verloor het teen die Stormers vanjaar, is die Stormers reeds besig om voor te berei om die Europese Kampioenskapsbekertjie ook volgende jaar in die Kaap staan te maak. Daar is groter wild om te jag….

N ·

Dis maar altyd so uit n bloubul oogpunt. Wen n wedstryd en Jake White is die beste afrigter op aarde, verloor hom en dis die skuidsregter se skuld. Hoekom kry die Blou Bulle so baie media aandag. Hulle is n gekoopte span, gekoopte afrigtings span, gekoopte spelers. Maar steeds verloor hulle teen n span wat in finansielle moeilikheid is wat skaars hulle spelers kan betaal, nie gepraat van spelers hou nie. Vat die een op die ken en beweeg aan. Die blou bul het wel verlede naweek van die grond af geeet.

Fran ·

in die era van professionele rugby koop die hele wêreld spelers. Word tog net asb wakker as jy skrik.

MakersMark ·

Rugby is sedert 1996 professioneel. Alle spanne koop. En die wat bankrot is kla altyd oor die wat geld het en kan koop.

N ·

Ahhh, nog n oningeligde Blou Bul. Rugby het in 1995 professioneel geword. Maar dankie vir nog n brokkie onbelangrike inligting.

Jr ·

Blou bulle word n politiese party in Pretoria want julle maak net soveel verskonings soos daai politicians op die bult.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.