Bloed, sweet en pure Springbok-plesier!

Die Springbokke het die All Blacks met 31 – 29 geklop. Foto: Twitter.

Man, maar dit was lekker!!!

Die Springbokke het pas met een van hul heldhaftigste vertonings vorendag gekom om die All Blacks met 31 – 29 in Queensland te klop.

Die span was vooraf deur vriend en vyand afgeskryf ná drie agtereenvolgende nederlae weg van die huis, terwyl almal oor hul wedstrydbenadering gekla het.

Daarbenewens het hulle vandag ’n voorsprong in die eerste helfte weggesmyt en ʼn agterstand van 20 – 14 het hulle rustyd in die gesig gestaar.

Maar as die All Blacks veronderstel is om rugby uit die kloue van die vervelige Springbokke te red, dan sal die internasionale rugbygemeenskap ongetwyfeld ’n armer plek wees.

Makazole Mapimpi, Frans Steyn en Herschel Jantjies vier fees. Foto: Twitter.

Want wêreldrugby het ’n sterk Springbokspan nodig; ’n vyftiental wat in hulself glo wanneer ander in hulle twyfel; ’n span wat vir mekaar én vir hul ondersteuners speel.

Die Suid-Afrikaners het met ’n uithalervertoning in die tweede helfte vorendag gekom en nooit moed verloor nie – selfs nie eens toe ’n Jordie Barrett-strafskop (weer eens ná die 75ste minuut) gedreig het om die Springbok-trein vir die tweede agtereenvolgende naweek te ontspoor nie.

Ja, sal die kritici brom, dit help veel om ’n wedstryd te wen wanneer die reeks reeds verlore is. Die All Blacks is elk geval steeds die aanvallende maatstaf waarteen ander spanne hulself moet meet, terwyl Willie le Roux weer eens gesukkel het – “mos gesê dit gaan gebeur”.

Malcolm Marx en Eben Etzebeth het koppe gestamp. Die All Blacks het die Springbokke op sosiale media geluk gewens met hul oorwinning ná ’n klipharde toetswedstryd. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

Geldige argumente, maar wie het roerloos bly sit toe Duane Vermeulen láát in die wedstryd ’n strafskop bewerkstellig het, of toe Elton Jantjies met sy skepskop en later die wenstelskop geslaag het?

Rassie Erasmus het vroeër die week getwiet dat die Springbokke begrip vir hul ondersteuners se misnoeë het as hulle met ’n paar punte verloor; moet die einste ondersteuners dan nie ook bly wees as hulle met ’n paar punte wen nie?

Daar gebeur genoeg ander dinge in Suid-Afrika waaroor ’n mens kan kla; ’n Springbok-oorwinning teen ’n sterk All Blacks-span behoort nie een van daardie dinge te wees nie.

Die braaivleisvure kan vandag vrolik brand.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Damian de Allende en Makazole Mapimpi. Strafskoppe: Handré Pollard (4) en Elton Jantjies (2). Skepskop: Jantjies.

All Blacks: Drieë: Sevu Reece, Ardie Savea en Brad Weber. Doelskoppe: Jordie Barrett. Strafskoppe: Jordie Barrett (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

JohanR ·

Eerstens geluk Springbokke. Daar is ‘n paar veranderings vandag aangebring wat al lankal moes aangebring gewees het en dit het al die verskil gemaak. Die man soos mens se “in possession” is nie altyd die beste man vir of in daai possisie nie.

MakersMark ·

So vir al die suid afrikaners hier wat dink hul is new zealanders of die bokke haat, alewig kerm oor kwotas en aanmerkings oor die bokke as “flash in the pan” kampioene, “look at the scoreboard” Lanklaas so lekker gehad oor ‘n bok oorwinning.! Bokke terug op IRB nr 1. Al die bok haters en kiwi lovers, kry ‘n groot pak rennies vir die res van die naweek.

Harry ·

Ou mark hulle IS n flash in the pan en ek SAL NOOIT OOIT weer vir hierdie klomp narre ondersteun nie, ek bly nou n ALL BLACK

MakersMark ·

Ou harry reg so dis jou keuse. Bokke nr 1 IRB, wereld kampioene, en B&IL temmers.

Kokkie ·

Ai, ou MakersMark. So van ‘scoreboard’ gepraat : gee vir ons asseblief die volledige finale puntestand op die punteleer in hierdie kompetisie. As my oë my nie bedrieg nie, het die Wegskopbokke darem daarin geslaag om die derde plek uit vier spanne te haal.

MakersMark ·

Ag ou kokkie noem vir ons die span huidiglik nr 1 op die IRB en wereld kampioene. Kwotas en al ou kok. Kry rennies vir die suur.

Kokkie ·

Ou maker, antwoord gou hierdie vragie. In watter posisie het die Bokke in hierdie kompetisie (uit die vier spanne) geeïndig en hoeveel van hulle vier wedstryde in Aussieland het hulle gewen? Dit smaak my jaloesie en ‘n verdwaalde wen maak jou ‘hyper’. Raak rustig en huil vanaand in die bed as almal slaap.

MakersMark ·

Lagwekkend as ‘n SA ‘ner suur druiwe het as die bokke wen. Hans kakie.

Johan ·

Ek wonder of jy al met kwotas te doen gehad het ,as jou 10 jarige seun vir jou vra hoekom n swarte bo hom gekies word al het hy hom 3 keer in een beurt skoon geboul en die swarte as kolwer in die span is met n kolfgemiddelde van 4 . So ondersteun jy hulle maar en laat hulle ook sommer BLM bly voortbestaan. Ek bly in Suid-Afrika dit was nie my keuse nie en as jy vir my kan reel om die plek te verlaat doen ek dit sommer dadelik.

Kokkie ·

Die spreekwoord sê: ‘ Leë vat hou toe jou kraan. Dalk sien hulle jou vir ‘n volle aan.’

Kokkie ·

Johan, en nou moet jy hoor van die ‘rassisme’ omdat Nienaber sy hele swart voorry al voor rustyd afgehaal het. Wag maar totdat Nathi Mthetwa sy kloue ook in rugby ingeslaan het en SA-rugby in die hande van swart bestuur is. Kyk maar wat het met al die ander sportsoorte in SA geword. En ek verstaan jou woede en frustrasie.

MakersMark ·

Nie die bokke se skuld o/10 frikkie maak nie die span nie. Swart speler se pa seker nie op die skool beheerraad nie. Gelukkig het daai era grootendeels tot ‘n einde gekom. Grootste onregverdighede agv ouers se inmenging by skoolsport.

piet ·

Aangename verrassing. Het nie die wedstryd gesien maar was in Pick ‘n Pay net toe Barrett in die 75ste minuut slaag om die AB’s te laat voorloop. Ek se toe nog vir die ouens wat daar rondstaan dat dit maar weer ou storie gaan wees en dat die AB’s al hoeveel keer op die nippertjie gewen het. Was lekker om by die huis te kom en te sien dat die Bokke dit hierdie keer kon deurtrek.

Kerneels ·

Baie dankbaar Duane Vermeulen wakker geskrik in 2de helfte en wen-strafskop afgedwing op die einde! Eerste helfte was hy useless!!!

Kerneels ·

absoluut, ek stel voor jy gaan kyk die ‘kyk weer’…

Kerneels ·

1. Kretieke tackle gemis op die hoekvlag met AB se eerste drie;
2. Onseremonieel omgedop, ball & all;
3. Nerens sy tipiese terugduik-tackles gesien nie

Dries ·

Ek sê dankie aan Frans Steyn. Hy is die man wat altyd die vermoë het om die All Blacks te frustreer deur sy lang skoppe die Bokke in die AllBlacks se gebied te dwing. Hy was skaars op die veld toe verplaas hy die spel uitstekend

koos10 ·

Wys jou wat kan gedoen word as die Bokke met al die 15 spelers op die veld speel. Nou moet gekyk word of die begin voorry regtig die beste is. Die plaasvervangers het werklik die wedstryd om gedraai.
Nog ver van perfekte spel af, maar 100 keer beter as die laaste 3 wedstryde.

Kokkie ·

Iemand hier agter fluister dat dit uiters rassisties was om die volledige swart voorry sommer nog voor rustyd te vervang. Wat het hulle dan verkeerd gedoen om sulke behandeling te ontvang? Moet nou asseblief nie hiervan wegskram nie.

piet ·

Wie is die iemand? So terloops – SA rugby het darem ‘n lang pad gekom dat ons nou in staat is om ‘n hele voorry bestaande uit swart spelers in die beginspan kan insluit en hulle hul ding doen teen een van die sterkste spanne ter wereld. Weereens ‘n absolute bewys dat hierdie ouens op meriete in die span is en dat die sisteem werk.

Kokkie ·

Die reeks is verby: 1. NZ (wen 5/6) verdien 25 pte, 2. AUZ (wen 4/6) verdien 18 pte, 3. SA (wen 3/6 ) verdien 15 pte en 4. ARG (0/6) geen punte. SA staan eerste plek op wêreldranglys af. Maar nou is die Kaap weer Hollands en brand die braaivleisvure. Al waarvoor ek nou pleit is dat DSTV nou die uiters irriterende Muthster Erasthmuth en sy voos ‘getackelde’ lappop met die skrumpet en die Luno-advertensie van ons skerms sal verwyder.

MakersMark ·

Bokke nr 1 en wereld kampioene. Maak nie saak wat die kolonie new zealanders oor kerm nie.

Vonkprop ·

Ek moet sê dit is nogal mooi om te sien hoe die spelers van beide spanne mekaar opreg gelukwens na die spel. Die drukke en rugklappe is sterk en ferm en hier en daar ‘n kopvryf of twee. Dinge is hard en genadeloos op die veld maar na die tyd is dit ook maar net mans met families wat hulle spel geniet. Ek hou nie van die All Blacks nie en die Bokke het my al baie grys hare gegee maar sulke gebare na die spel laat my net besef ons is maar almal net mense.

Harry ·

Baie beter dankie, All Blacks het anyway die kampioenskap gewen!!!!!HAHAHAHA

Harry ·

Nee boet, ek is in Warmbad, Limpopo en ek ondersteun NET New Zealand spanne en almal wat teen jou Zumbucks speel

Anton ·

Moenie vir ons kwaad wees omdat jy in Bela Bela moet bly nie :-)

piet ·

Hoekom ondersteun jy nie byvoorbeeld vir Engeland , Frankryk of Italie nie? Dis vir my interessant dat jy ‘n span soos NZ ondersteun wat so baie gekleurde spelers in het. Die feit dat jy die Bokke Zumbucks noem insinueer dat jy ‘n probleem met die kleur-samestelling het en/of jy dink die Bok-span nie op meriete gekies word nie (wat natuurlik bollie is).

MakersMark ·

Die wat so kerm oor kwotas het selfde slagoffer mentaliteit as blm. Net twee verskillende kante van dieselfde muntstuk. As jou seuntjie in 0/9 krieket nie die span gemaak het nie is dit omdat hy nie goed genoeg was nie. Om daai frustrasie op die bokke uit te haal en in die naam van kwotas is snert.

Anton ·

Willie Le Roux moet aan geen bal sport deel neem nie,nie eers rolbal nie want hy sal dit ook op mors.

Kokkie ·

Vandag was sy swanesang. Daar is nie vir hom plek op die vliegtuig vir die jaareinde-toer nie.

JohanR ·

Die probleem is dat Francois Steyn al 34 is en ek dink nie hy sal nog speel by die tyd dat die volgende werld beker rond rol nie. Damian Williamse is ook nie die antwoord nie, soe daar word vir ‘n SA heelagter gesoek vir die Wereld Beker in 2023.

jzjz05 ·

Vir die wat klae oor die mannier wat die springbokke speel.Jan Pichard het jare trug gesê “Dit maak nie saak nie kyk na die scorebord dit is wat tel op die eiende van die wedstryd”.

Kokkie ·

jzjz, moenie iemand ‘kwoteer’ as jy nie weet waarvan jy praat nie. Dit was nie Jan Pickard wat dit gesê het nie. Ek kla ook oor die manier wat die Bokke speel, veral as ek kyk na hulle derde plek op die kompetisie se punteleer.

MakersMark ·

Jy kla nie hoe die bokke speel nie jy ondersteun die eiland bewoners. Dis seker jou reg.

Kokkie ·

Natuurlik is dit my reg. Ek verag politieke inmenging in sport en daarbenewens hou ek van die All Blacks se ‘flair’…..en dit het ook niks met jou te doen nie.

KB ·

Dis myns insiens nie ‘n “wen” nie. Die All Blacks het drie drieë teen ons twee gedruk. Of ons nou een skop meer oorgesit het, maak ons nie ‘n beter span nie.

Vonkprop ·

Ons is nog steeds een van die min spanne wat bitter min drieë teenoor die All Blacks afstaan. En die All Blacks kon “maar net” drie drieë teen ons druk en nie vyf of ses of selfs meer soos teenoor ander spanne nie. ‘n Wen is ‘n wen.

piet ·

Hierdie oorwinning van die Bokke is natuurlik weer ‘n dolk in die hart van die kwota-moaners.

piet ·

So terloops, daar was 8 spelers van kleur in die begin 15-tal.

MakersMark ·

En die anti kwotas het bitterbal en sooibrand gelyktydig.

Kokkie ·

Nou hoekom is die volle swart voorry dan reeds vóór rustyd met ‘n wit voorry vervang? Daar ruk die kwota -ondersteuners alweer die raskaart uit.

MakersMark ·

Definetief. Dis hulle en die kolonie NZ’rs wat die bokke so haat. Skuil hul rassisme en verlange na die “goeie ou dae” agter “onregverdige kwotas”. Punt is daar is nie kwota spelers in daai span nie elke speler is beste in hul posisie huidiglik. Maar bokke is “back on top” kwotas en al.

Kokkie ·

Sommige van jou enersdenkendes beweer nou dat dit rassisties was om die volle swart Bok voorry voor rustyd reeds met wittes te vervang. Verstaan jy nou hoekom grief politieke inmenging in sport my?

NEO ·

Ag ou kwota pietertjie, dit was juis in die tweede helfte toe die nie kwota spelers opkom dat die bordjies verhang word.

Johan ·

Ag ou Piet jy is seker n alleenloper wat nog nie deur kwotas benadeel is nie.

Daleen ·

MaskerMark dis nie nodig om op ELKE kommentaar te antwoord nie dis so kinderagtig! Gee jou opinie en GOEIE komnentaar op een en los dit daar. Jy klink soos ‘n slegte verloorder…..

MakersMark ·

Ou Daleen, dankie vir die voorskrifte ek het gesoek daarvoor op die web blad maar kry dit nie so dis seker eie idees van wat jy mense wil toelaat en nie. So ek steur my nie daaraan nie. Wie het verloor ? Die AB’s. En solank my kommentaar geplaas word sal ek aanhou daarmee. Praat van slegte verloorder.

Willempie ·

Kampioene wen kompetisies. Nie 1 uit 6 wedstryde nie.. die “flash in the pan” kampioene was toe maar net ” a spark in the night”

Lion ·

Ek wen eerder die wereld beker as hierdie saamgeflanste kompetisie??

N ·

Nog een van daai Afrikaanse seuns met Maori tribal henna tattoos

N ·

As dit is wat die bokke kan doen vir 40min sonder Willie le Roux, dink net hoe ver sou hulle wen sonder hom in die span

dr. Petronella ·

Sooo trots op ons Bokke! Nou weer in die 1e plek op die wêreldranglys!! Dankie manne, julle is ysters!!

Piet ·

All Blacks was,is en sal altyd die kampioene wees.Laaste wedstryd moes hul die bokke laat wen anders is dit weer rassisme!!!!Die wittes wat nog die bokke ondersteun is net so useless soos hulle.Dis lankal nie meer n springbokspan nie maar n klomp rasvermengde sukkelaars wat rondploeter op die rygbyveld!!!!Sies!!

Vonkprop ·

Ek as ‘n mede useless witte sal graag jou verduideliking wil hoor oor hoekom die All Blacks nie die Wêreldbeker kon wen nie, was die bal te wit?

Piet ·

SA is kamma die wêreld kampioene maar wen een ui 4 wedstryde,wat my een ding sê!PATETIES!!!!!!!

piet ·

Nie eintlik nie. Na my mening was SA die beste span op die veld in 3 van hierdie westryde (1ste een teen Aus en albei die wedstryde teen die AB’s). Onthou ook dat 3 wedstryde met ‘n skop in die doodsnikke gewen is en kon dus enige kant toe gaan. Die laaste wedstryd het die Bokke so oorheers dat die telling eintlik groter moes wees.

SjN ·

Geluk Bokke, toe die sondebokke vervang is deur plaasvervangers toe gebeur daar iets.

MakersMark ·

Die wat so kerm oor kwotas en hoe hul ingedoen is en dit dan op die bokke uithaal – selfde slagoffer mentaliteit as blm.

My siening ·

Baie geluk Frans jy hou die Cheetahs se naam hoog, is trots op jou!

MakersMark ·

Nie net is SA die reenboog nasie nie daar is ook hanskakies en wannabee new zealanders hier. Snaaks hul praat meestal afrikaans. Wonder of hul ook die haka doen voor ‘n all black toets en henna tatoës het op strategiese plekke. Of dalk man bolla’s…….dalk is meeste reeds bles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.