Vanjaar se Cape Argus Pick ‘n Pay Momentum-fietstoer het Sondag om 06:15 in Kaapstad weggespring. Vanjaar gaan nagenoeg 35 000 fietsryers die 109km-roete deur Kaapstad aanpak en die 40km/h suidooster-rukwinde aandurf. Die toer is die grootste vastetyd-fietswedren in die wêreld.
Dave Bellairs, ʼn direkteur van die toer, beskryf die geleentheid ook as ʼn betekenisvolle bydrae tot liefdadigheid. “Meer as 7 000 fietsryers ry vir liefdadigheid en ons skat dat meer as R20 miljoen vir verskillende welsynsorganisasies ingesamel kan word,” het Bellairs gesê.
Die eerste groep fietsryers word omstreeks 09:00 by die eindstreep verwag.
Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is onder die deelnemers. Hy het op Twitter geskryf: “Kyk wie is reg om 109km te ry in die Argus! Amper!!!! Bid maar vir my asb.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Sterkte aan elke deelnemer. Bobby, ek hou styf duim vas vir jou, jy lyk goed, doen net jou beste, jy is steeds ‘n wenner.