Brand van vlag ‘immoreel’ – ANC

‘n Skermgreep uit die DA se advertensie.

Die regerende party sê die amptelike opposisieparty se advertensie waarin ʼn Suid-Afrikaanse vlag brand, gaan verder as wat moreel en redelik vir politieke veldtogte is.

“Die DA maak in die advertensie bewerings oor oordeelsdag wat Suid-Afrika gaan tref sou die ANC sy meerderheid behou of ʼn koalisie met ander opposisiepartye aangaan,” sê Lesego Makhubela, die ANC se woordvoerder in Gauteng.

“Hierdie belaglike aansprake impliseer dat die land soos ons dit ken sal ineenstort… dié argument het geen feitelike grondslag nie,” hou Makhubela vol.

“Eerstens regeer die ANC Suid-Afrika reeds vir drie dekades, waartydens die land een van die sterkste grondwetlike demokrasieë in die wêreld behou het, met sterk instellings en demokratiese beginsels.”

Makhubela sê Suid-Afrika is boonop ʼn stabiele land wat groot belofte inhou, nie net vir die streek nie, maar vir die globale Suide.

“Dit is bewys in ons sterk buitelandse beleid wat dit vir Suid-Afrika moontlik gemaak het om homself as ʼn belangrike speler in die geo-politieke landskap te laat geld. Dit alles en nog meer, maak die aansprake van naderende ondergang des te meer bisar.”

Makhubela sê die DA minag die onsedelikheid wat gepaardgaan met die brand van ʼn vlag en ignoreer heeltemal die houding wat baie lande regoor die wêreld het oor die onderwerp van brandende nasionale simbole, veral die vlag.

“Indien die DA ʼn kampvegter is vir liberale demokrasie soos hy beweer om te wees, dan behoort die DA by [ander] demokrasieë te leer oor die kwessie van die ontheiliging van die nasionale vlag.

“Die brand van die vlag is nie net immoreel nie, maar weerspieël die DA se houding oor die demokratiese projek. Die DA glo nie in ʼn demokrasie wat alle mense verteenwoordig nie – dit glo in demokrasie vir slegs ʼn paar.”

Maroela Media het vroeër berig Zizi Kodwa, die minister van sport, kuns en kultuur, het ook na die DA gekap oor sy jongste politieke advertensie. Die minister sê die DA gee aanstoot en beledig die land met die brand van die vlag.

Die DA staan egter bankvas by sy advertensie.

“Ons verwerp kategories enige insinuasie dat ons advertensie verdeeldheid of histerie aanwakker. Inteendeel, dit is ʼn duidelike oproep vir alle Suid-Afrikaners om ʼn ingeligte keuse by die stembus te maak,” sê Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA.

Malatsi sê die advertensie dien as ʼn herinnering aan die somber toekoms wat op Suid-Afrika wag sou die DA nie verkies word nie.

“Dit is ʼn skerp waarskuwing teen die dreigende ramp van ʼn oordeelsdag-koalisie waarby die ANC, die EFF en ander partye betrokke is.

“Daar is geen terugkomkans van die chaos en ineenstorting wat onder ‘n moontlike ANC/EFF/MKP-koalisie van korrupsie gaan ontvou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Christian J M ·

Die verwoesting van SA deur die ANC is immoreel.
Dis NIE ons vlag daardie nie !!!

Henker ·

Land van beloftes… Haha
Stem saam, waarheid maak lekker seer

Carl ·

Die land het reeds ineengestort. Die ANC gaan nie genoeg stemme kry nie – wat hulle onwillekeurig saam met ongewensde maatjies sal moet laat saamwerk. Die ANC/EFF/MK koalisie sal die finale begrafnis wees….dan maak die ou vlaggie in elk geval nie meer saak nie. Die vlag is op hierdie stadium ‘n slegs simbool van absolute mislukking . Druk (print) die vlag op toiletpapier – dit sal meer gepas wees.

Anel ·

Nou wonder ek wie belê nog as Shell, wat al langer as 100 in die land is, ontrek. Die enigste munisipaliteit wat nog redeli staande is, is die Kaap. Alles is geplunder die afgelope 30 jaar, alle staatsdepartemente. As dit vooruitgang is, wil ek nie sien wat is mislukking nie. Die vlag se verbranding is presies wat met die land aan die gebeur is!!!!

Minnie ·

Grappie vir die dag…..
SA is laaste 30 jaar in sy peetjie in weens wanbestuur.
Ons het groter probleme as n advertensie !!!!!

annie ·

As die ou Siener van tydens die Boereoorloë reg was, wag nog wilder glo ‘immorele’ gebeure op SA en die buiteland. As dit maar net ‘n vlag was wat brand.

Mariana ·

Nogal lagwekkend om te sien hoe die ANC in hul eie klein breintjies leer, ‘n absolute droomwêreld waar hulle regeer en dink als is net mooi reg. Die werklikheid is betreurenswaardig, hulle gaan gal af oor ‘n vlag terwyl die hele land om hulle brand. Lagwekkend!!!

Erika ·

The ANC “never did any corruption ” ..They simply perfected criminology

Andries ·

N sterk grondwetlike demokrasie – over gezet zynde kader ontplooiing, korrupsie, bedrog…

Wakkerslaper ·

Kom ons stel gou die FEITE. Julle terroriste regime is immoreel, tragies, verwoestend en die gevolg van verraad wat deur de klerk en sy bende gepleeg was. PUNT!

Danie ·

Uiters dom van die DA.
Hy kon op n beter manier sy boodskap oorgebring het.
Alhoewel die landsvlag niks vir my beteken nie beteken dit wel demokrasie vir meeste van die DA se jonger aanhangers.
In die voet geskiet punt.

Talia ·

Ek ry elke dag al vir 4 jaar in Pretoria Stad in via die N4. Die vlagpale daar staan leeg behalwe vir 2 verpletterde vlae waaroor niemand omgee nie. Dit lyk so al vir jare, maar skielik gee hulle nou om. Daai 2 vlae is n voorbeeld van hoe dit met ons land gaan.

Toffie ·

@ Danie, ek stem saam, dit speel so reg in die hande van die ANC. Baie swartmense is ook ontevrede met die situasie in die land, maar as hulle sulke optrede van die DA sien dan stem hulle uit beginsel vir die ANC, want lojaliteit en nie logika nie praat nou harder. Die advertensie word geinterpreteer as die DA (blankes) wat dit wat swartmense voor staan vernietig en dit moet teengestaan word.

Cassie Carstens ·

Waar is die sterk instellings en demokrasie waarvan hulle praat. Ek sien dit nie rondom ons nie. Niks werk nie, en oral waar jy kom is dit ‘n gesukkel om gehelp te word.

Kroo ·

Om n lansdvlag te verbrand is amper onvergeeflik —

Amper so erg soos n ANC wat die land vernietig deur staatskaping en diefstal !

Jacobus ·

Gaan vra nou vir kamaraad Pandora oor die brand van vlae in die VSA.

Amelia ·

Da stem saam brand daai vlag wat van ons ou vlag mag nie eers ten toon gestel word nie so n oog vir n oog

Susan ·

Ek weet nie of ek net dom is nie. Maar die advertensie soos ek hom intrepeteer wys hoe die ANC die land af brand & vernietig. Nie die DA wat die vlag verbrand nie. Of mis ek die punt? Vra maar net.

Andre ·

Die ANC en kie maai waar hulle nie gesaai het nie bloot ter wille van politiekery en spesifiek om die opposisie die DA by te kom. Dis ‘n prenjie van ‘n SA vlag wat brand … kyk weer… nie ‘n werklike SA vlag nie!
DA pasop want julle kan sekerlik vorentoe meer
van dié goedkoop politiekery te wag wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.