Bus met leerders slaan om op pad van atletiekbyeenkoms

Noordwes, Hopetown, Departement van Onderwys, ongeluk,

Die bus waarin 37 leerlinge onderweg was. (Foto: Departement van Onderwys, Noordwes / Facebook)

ʼn Groep leerders van Noordwes, op pad terug van ʼn atletiekbyeenkoms in die Wes-Kaap, het beserings vrygespring toe die bus waarin hulle gereis het Sondagoggend tussen Hopetown en Kimberley omgeslaan het.

Buiten vir twee onderwysers en die busbestuurder wat as ʼn voorsorgmaatreël na ʼn hospitaal in Kimberley vir X-strale geneem is, is niemand anders in die voorval beseer nie.

Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Luidens ʼn verklaring van die departement van onderwys in Noordwes was 37 leerders op pad terug na die provinsie ná ʼn atletiekbyeenkoms vir hoërskole in die Wes-Kaap. Die ongeluk het sowat 60 km voor Hopetown op die Kimberley-pad plaasgevind.

“Al die leerders het nietemin mediese ondersoeke by die Hopetown-hospitaal ondergaan,” sê Mphata Molokwane, woordvoerder van die departement.

Sunday, 07 April 2024*lTo All Media Houses For immediate releaseMEDIA STATEMENTBus Accident Involving NW Learners…

Posted by North West Department of Education on Sunday, April 7, 2024

Viola Motsumi, LUR vir onderwys in Noordwes, het ʼn beroep op kalmte ná die voorval gedoen.

“Ons is dankbaar dat daar geen sterftes was nie en ons onmiddellike fokus is nou op die welstand van al die betrokkenes. Ons gedagtes is by die betrokke leerders, onderwysers en hul gesinne en ons verskaf die nodige bystand en ondersteuning,” het Motsumi in ʼn verklaring gesê.

Sy het ook die nooddienspersoneel en wetstoepassers bedank wat vinnig op die toneel was en die leerders bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kloekie ·

Die busse vir skooltoere ry baie keer deur die nag.
Ek wens ouers wil n standpunt inneem en weier dat hulle kinders vir sporttoere deurnag op ons paaie moet ry.
Ek dink die gevaarlikste ding is om deurnag te ry.
Stilstaande trokke sonder ligte, potholes, beeste, ander roekelose bestuurder, n moeë drywer !
Dis net te gevaarlik.
Ons as ouers het n keuse maar almal moet saamstaan.

Duck ·

As dit nie ‘n bus is nie, is dit ‘n trok (ek prt nou van swaar voertuie) kyk maar na die padvaardigheid heel eerste

Mieke ·

Dankie Vader dat almal veilig is en daar geen sterftes was nie!!!

Goldy ·

Kinders word tot buiteland toe gestuur vir sport maar akademie kry niks, veral op plattelandse afrikaanse skole wat sportmal is. Geen wonder skoolverlaters kry nie werk nie en kan nie met die res van die wereld se leerders meeding nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goldy, party plattelandse skole bied wiskunde en wetenskap net tot graad 9 aan. Die sportspanne se belange kom eerste.

christo ·

Sovêr ek weet is allee busse se sitplekke met sitplekgordels toegerus. Onderwysers moet daarop ingesteld wees dat alle leerders en personeel ten alle tye vas gegordel is. Dit blyk dat dit wel die geval was in die voorval. Dit is dalk die rede waarom die beserings lig tot matig was. Uitstappies moet liewer so beplan word sodat leerders êrens oorslaap in plaas van deurnag te reis. Slaggate, swak paaie en onverskillige padgebruikers ‘n bedreiging is vir busoperateurs. Gelukkig was die bus ook nie oorlaai nie. Selfs in taxi ongelukke kan sterftes voorkom word deur die dra van veiligheidsgordels.

Miskruier ·

Ek is dankbaar my kinders is groot, ek sou hul nie meer met die busse op toere gestuur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.