Covid-19-statistieke: Meer as 3 800 toets ook positief

(Foto: pixabay)

Nog 94 Covid-19-sterftes is in Suid-Afrika bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand gesê die sterftesyfer staan nou op 1 831 nadat 60 mense in die Wes-Kaap, 27 in Gauteng en sewe in KwaZulu-Natal weens die virussiekte gesterf het.

Die Wes-Kaap, met 48 706 gevalle (oftewel 55,5% van gevalle), is steeds die provinsie met die hoogste infeksiekoers. Die provinsie word gevolg deur Gauteng met 17 261 gevalle (19,7%) en die Oos-Kaap met 13 506 gevalle (15,4%).

Meer as 1,2 miljoen toetse vir Covid-19 is reeds in Suid-Afrika afgehandel en 32 336 nuwe toetse is bevestig.

In dié stadium is die sterftekoers 2,1% van diegene wat die siekte opdoen, het Mkhize gesê.

Altesaam 54,5% van mense wat positief vir Covid-19 getoets het, het reeds van die virus herstel.

Net-net meer mans as vroue sterf van die virus. Altesaam 51,9% van slagoffers is mans en 48% is vroue.

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,2
10-1550,3
20-29261,4
30-391096,0
40-4923112,6
50-5944624,3
60-6948728,6
70-7932017,5
80-891538,3
90-99422,3
Onbekend90,5
 1 831100

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert ·

Dr. Zweli, eers as mens die hele SA getoets het kan jy ‘n 2.1% sterftekoers gee. Daar is duisende mense wat nie eers simptome toon nie wat wel covid gehad het. So weereens verkeerde inligting.

Dirk Mostert ·

As hulle nie simptome gehad nie, het hul ooit covid gehad? Ek is skepties oor die toets wat selfs op papajas en boerbokke positiewe resultate kan oplewer.

Kobus ·

Volgens WorldoMeter is daar 208 mense krities, die mense is nou al meer as ‘n week krities. Word hulle kunsmatig aan die lewe gehou of wat? 111 lande uit die 214 het ‘n herstel koers van 75% gehad van al hulle gevalle, 20 lande het 100% herstel gehad. Nou die vraag, wat het hulle anders gedoen as Suid Afrika?

Francois ·

Hulle het mense korect getoets en nie elke griep simtoom of hartaanval geklasifiseer as covic 19

Kobus ·

Stem 100% saam. SA word deur “W.H.O” aan die neuse rond gelei.

Dirk Mostert ·

Ek benoem Wuhan1 as die sepie van die jaar. Wuhan 2 speel wel in Beijing af, maar as Dakar in enige ander plek as Wes-Afrika kan plaasvind…..

AntiMarxistZA ·

Dis goed en wel om verslag te doen oor wat die minister sê, maar dit is van uiterste belang om minstens ook te noem wat nie gesê word nie, nl. dat die minister se syfers gebasseer is op die bevestigde gevalle en dat dit inwerklikheid geen betekenis het nie, aangesien ‘n bitter klein persentasie van die populasie getoets is, en dat daar moontlik miljoene Suid-Afrikaners reeds die virus oorkom het, sonder dat daar enige rekord van gehou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.