Covid-19-statistieke: Min nuwe sterftes

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: JAM STA ROSA / AFP)

Die departement van gesondheid het Sondag net drie nuwe sterftes weens Covid-19 aangeteken. Net 87 mense is boonop met Covid-19 in die hospitaal opgeneem. Meer as 7 900 mense word tans in die hospitaal vir Covid-19 behandel.

Altesaam 15 467 nuwe Covid-19‑gevalle is aangeteken. Hoewel dit laer is as die meer as 200 000 gevalle wat daagliks die afgelope week aangeteken is, verteenwoordig dit steeds ʼn positiwiteitskoers van 30,7%. Die positiwiteitskoers het ook sedert Saterdag gestyg, toe 28,8% van mense positief vir Covid-19 getoets het.

In ʼn brief aan die minister van gesondheid het die nasionale bevelsraad vir Covid-19 verlede week aangedui dat die getal positiewe gevalle in Suid-Afrika waarskynlik baie hoër is, omdat slegs mense wat simptome toon, vir die virus laat toets. Hulle het daarom aanbeveel dat met die 10-dag-kwarantynmaatreël weggedoen word, aangesien dit duidelik nie doeltreffend is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp nie.

KwaZulu-Natal het vir die tweede agtereenvolgende dag die meeste nuwe infeksies landswyd aangeteken (4 135), gevolg deur Gauteng (3 582) en die Wes-Kaap (2 849). Gauteng het egter steeds die meeste aktiewe gevalle (meer as 55 000), dan KwaZulu-Natal (51 332) en dan die Wes-Kaap (33 588).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.