Covid-19-statistieke: Minder as 200 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het in dié stadium 3 424 534 bevestigde gevalle van die koronavirus nadat nog 7 216 nuwe gevalle bevestig is, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Daar is tans 199 366 aktiewe gevalle van die virus.

Volgens Nios is 25 nuwe sterftes bevestig wat die algehele sterftesyfer op 90 854 te staan bring.

Altesame 30 529 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en die positiwiteitskoers is tans 23,6%, ʼn effense styging van die 22% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het. Die sewedaggemiddeld is 26,8%, laer as die 27,4% van ʼn dag gelede.

Nog 286 mense is in hospitale opgeneem vir behandeling van Covid-19 en landwyd word 8 933 mense tans vir die virus behandel.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (28%), gevolg deur die Wes-Kaap (25%), Gauteng (22%), die Oos-Kaap (11%), die Vrystaat (4%), Noordwes en Mpumalanga (3% elk), en Limpopo en die Noord-Kaap (2%).

Nuwe gevalle:

  • Oos-Kaap: 795
  • Vrystaat: 258
  • Gauteng: 1 616
  • KwaZulu-Natal: 1 990
  • Limpopo: 171
  • Mpumalanga: 191
  • Noordwes: 227
  • Noord-Kaap: 151
  • Wes-Kaap: 1 817
  • Totaal: 7 216

Altesame 50 266 dosisse van die entstof is Dinsdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.