DA: ‘SA dok steeds op vir ANC se luukshede’

Senzo Mchunu. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

“Die onlangs hersiene ministeriële handboek versuim om beperkings te stel op uitspattige ministeriële uitgawes en, in sy huidige vorm, is dit niks meer as ʼn blanko tjek vir ministers om belastingbetalers se geld te bestee nie.”

Só sê die DA oor die huidige ministeriële handboek wat die party meen in sy huidige vorm onvolhoubaar is. Die amptelike opposisie sê hy die parlement se portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie versoek om voorleggings aan minister Senzo Mchunu te doen oor hoekom die huidige handboek drasties aangepas sal moet word om verkwistende besteding deur lede van die uitvoerende gesag te beperk.

Pres. Cyril Ramaphosa het voorheen belowe dat ʼn hersiene ministeriële handboek uitspattige ministeriële besteding sal stopsit. Leon Schreiber, DA‑woordvoerder, meen egter dít was net ʼn leë belofte. Die hersiene ministeriële handboek het presies die teenoorgestelde gedoen, sê hy.

“Die hersiene handboek stel geen beperking op die bedrag wat ʼn minister of adjunkminister mag bestee op ministeriële voertuie nie. Die vorige ministeriële handboek het onaanvaarbare hoë perke vir ministers se voertuie gehad, ʼn rekening wat belastingbetalers R50 miljoen in die afgelope drie jaar gekos het.

“Die hersiene handboek doen weg met al die beperkings van wat ministers mag bestee op ministeriële voertuie, wat ministers toelaat om selfs R1,6 miljoen per voertuig te bestee – en die rekening sal aansienlik hoër wees as wat ons in die verlede gesien het.”

Die nuwe handboek het ook die bedrag wat ministers op persoonlike veiligheid mag bestee, verhoog van R100 000 per jaar tot R250 000 per jaar. Suid-Afrikaners sal ook opdok vir voormalige ministers en adjunkministers se besigheidsklasvliegkaartjies. Schreiber voer aan dié bepaling beteken Suid-Afrikaners sal gemiddeld R192 000 per jaar per voormalige minister bestee – ongeveer R17 miljoen altesaam elke jaar.

“Om sake te vererger, word daar ook van Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag om te betaal vir huishoudingsdienste by ministers se huise, en selfs hul DSTV, teen drie huise per minister,” het hy gesê.

“Die DA is baie teleurgesteld in die hersiene ministeriële handboek en die gebrek aan konsultasie met enige van die ander partye. Die DA sal baklei vir drastiese aanpassings om uitermatige besteding van belastinggeld deur politici stop te sit,” sê Schreiber.

“Suid-Afrikaners betaal belasting om Suid-Afrika te verbeter, nie om die ANC‑kaders se luukse leefstyle te befonds nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Peanutbotter & Stroop ·

En die hardwerkende pligsgetroue belastingbetalers sukkel om kop bo water te hou! Luukshede soos DSTV is lankal nie meer deel van ons huishoudings nie………

Kabous ·

Ja, maar jy moet onthou die ANC champagne sosialiste het nie deur die “Struggle” gesukkel vír niks nie… hulle voel hulle het hul champagne verdien.

Vintcent ·

DA is ewe skielik baie verbaal. Hul is deel van die probleem in SA. Paphandjie-benadering en wit voetjie soek het die land nêrens gebring nie.

Andreas ·

Luukshede is ook om oorsee te reis, China of Japan te besoek om konfirensies by te woon, om te droom van superstede, in plaas van om na die land se behoeftes en ek bedoel binnelandse behoeftes soos veiligheid en vodde munisipaliteite om te sien. En natuurlik om by te wees as die een kader na die ander wat aan korrupsie skuldig bevind is in gelid voor jou verby die gevangenis in marsjeer word.

aj ·

‘All animals are equal! ‘ ….basuin hulle dit uit op die voorblaaie van FAKE news media … maar in die knus ‘boardrooms’ stem al die kaders saam …. ‘but some animals are more equal!’

Waar die FAKE NEWS media dit nie optel nie.

RAMPSPOED!

Jan ·

Waarom kerm julle ou afrikanerkies soos n klomp kleintkies toe julle moes saamstaan toe wou julle mos nie.

Willehond ·

Ek stem saam! Ons kan ssam sing maar saamstaan is vir ons n vloekwoord!!!

Willi ·

Ag dis wonderlik, niemand kan of wil in elk geval iets daaraan doen nie en almal is mos maar ten gunste van diefstal en korrupsie soos die meerderheid gestem het.

Andreas ·

Ek sal baie graag die demografie van die DA kiesers wil weet, van so jaar gelede teenoor vandag, juis waar hulle nou skielik vir die boere begin opstaan. Ek lees nou die dag van ‘n baie bekende boer, sy naam is alom bekend, soos per Herman Toerien berig, wat op die kommissie gedien het wat aanbevelings vir CR oor plaasonteiening gedoen, het hy na die tyd by die VF Plus aangesluit.

Swartwolf ·

SA oor 20 Jr soos Somalia. Word beheer deur warlords die populasie staan tou by UN meeltrok.

Kobus ·

Vanaf 2020 sal die land oor die finansiële afgrond begin beweeg. Dit sal nie omgedraai kan word nie. Teen 2025 gaan die land totaal bankrot wees.

Nel ·

@Andreas; Dit is die soort leierskap wat ons nodig het om Suid Afrika uit die moeras van bedrog, misdaad en diesmeer uit te lig – ‘n man soos Mogoeng Mogoeng wat nie skaam is om sy Christenskap uit te leef nie en die vermoë besit om tussen reg en verkeerd te kan onderskei.

Julie Jansen van Rensburg ·

Dankie vir daardie YouTube skakel – WAT ‘n FANTASTIESE toespraak deer die hoofregter!!! Maar ek kan julle verseker die “meerderheid” sal hulle alies daarmee afvee… Net jammer daar is nie meer mense soos Mogoeng Mogoeng in hierdie land nie. Ook net jammer dat hy nie Pres is nie…

jakes ·

Die sirkus hou net nie op nie. Gedink Zuma was n skurk maar daar is nie veel verskil tussen hom, CR en die kaders nie. Almal het gedink CR is die ridder op die witperd maar glo my, die perd is nie wit nie en CR is beslis nie n ridder nie.

Christa ·

Ja die slegte wittes geld is goed genoeg . Daarom Kan die parlement en ministers Soos miljoeners lewe . Kyk maar hoe lyk Zim nadat blankes verjaag is

Danie (2) ·

Die tyd het ryp word vir ‘n belasting weerstand / opstand. Dit is al hoe spandabel gestop kan word. Georganiseerde landswye weerstand trek die meeste aandag en het die grootste impak. Daar is organisasies wat oor die vermoeens beskik om dit van die grond te kan bring. Ons moenie wag totdat die bank leeg is nie, want daar word net weer geleen en geleen so bly dit ‘n eindelose proses. Dit het tyd geword dat die amptelike DA oposisie hul plig doen en duidelike openbare standpunt inneem, nie net saggies daaroor fluister nie.

HEVW ·

Ons moet kom tot die punt waar ons staak om altyd party georienteerd te wees. Ja ek stem nie DA nie maar dit gaan oor n pepaalde saak waaaroor daar tog eenstemmigheid behoort te wees. Hoekom is dit dan so moeilik om saam ons stemme daaroor te laat hoor?

Fanie ·

Mense ons kan nog steeds iets aan die saak doen stem vir sesering die VVA is die antwoord

Elbie Naude ·

Mense,mense, asseblief! Die ‘honourable members’ se salarisse is hopeloos te min om al daai ‘luxuries’ self te betaal. Hoe moet daai goed bekostig word as iemand boonop drie ‘mansions’, 4 Beemers, lyfwagte, sekuriteitsopgraderings, oorsese vlugte, ‘backhands’ vir ‘sleazy deals’ en waarskynlik ‘n kostoelaag gratis ontvangs.

Verwonderd ·

Wie de duiwel wil meel eet. Ek wil asb vleis en groente eet

Gert van Wierdapark ·

Julle verstaan nie die doel van die Min-is-teriele Hand-boek. Dit is tog hersien sodat die nuwe kaartjie-houers kan sien hoe en waar daar nog MEER geblaas kan word om die soustrein op koers te hou = “make no mis-take”! Besparing is n woord wat nie in die Hans-boek voorkom nie, maar wel Bes-tee!! He-he-he

Gemaskerde Sopbeen ·

Belasting is ‘n tipe straf omdat jy presteer. Ek kon nog nooit verstaan dat ‘n persoon, met MIN of GEEN ondervinding nie, kan besluit hoeveel ek van my hard verdiende inkomste moet oorbetaal sodat hy ‘n lewensstyl kan handhaaf waarvan ek net kan droom? En as ek weier om dit oor te betaal………..kan ek aangekla en opgesluit word!!

Jerry ·

Julle hoef nie vir die DA of VF te stem nie, inteendeel jy mag stem vir wie jy wil. Die feit van die saak is dat dit lankal al tyd is dat almal sake van gemeenskaplike belang steun, as dit die DA is ondersteun en as dit die VF is ondersteun. Dit is tog nie so moeilik om te verstaan nie. Jy kan nie nou net die party ondersteun vir wie jy gestem het nie. Jy ondersteun elke liewe inisiatief wat in jou belang is!

John ·

Waarom is niemand nog vervolg na al die skokkende inligting oor staatskaping bekend geword het nie? Wie trek die toutjies in Lethuli-Huis? Wat het beter geword sedert Zuma sy troon afgestaan het? Waarom is ons so geskok oor bogenoemde inligting?

Zumie ·

Genoeg gekla oor die probleem..
Voorstelle oor hoe dit hanteer kan word?

Dirk ·

Ai tog Fanie, as jy geweet het wie is die VVA sou jy nooit vir die VF gestem het nie! Dit is nou n bietjie soos mosterd na die maal om te vra, wat is die VVA!

Danie (2) ·

Ons SA burgers moet skerper en flinker begin dink. Lees en analiseer die situasie om jou. Daar is talle voorbeelde hoe drukgroepe nie snaakste en selfs ondenkbare eise gestel het. Baie groepe het daarmee geslaag want die lawaai en aanhoudende druk het problematies geword vir die regering aan bewind. Die mees onlangse was die alombekende Fees Must Fall. Eers se die regering – ons kan nie want daar is nie geld nie, toe die druk groter raak toe kom die vinnige toegewings, alles desnieteenstaande dat daar werklik nie geld geld daarvoor is nie. Geleende geld word gebruik om die “gat” toe te prop. Nouja wat se dit vir ons. Daar is talle wettige maniere om vir die regering ‘n ernstige boodskap oor te dra om te se die SA burgers is reeds vuisvoos geslaan deur belastings wat rojaal VERMORS word deur die regering van die dag . Die opposisie partye moet hierdie soustreine uitlig en aanhoudend wees daarmee. Die media moet die die vermorsings op die voorblaaie dra. Die kerke moet hul misnoee uitspreek want dit is is hoe die armes verder verarm word. Dit is ‘n saak wat alle kleurgrense oorskry. Bewusmaking is die beste vuurhoutjie wat die lont vir ‘n belasting revolusie nodig het. ‘n Belasting revolusie hoef nie noodwendig weerhouding van belasting te wees nie, daar is talle ander wettige maniere om dit te kan doen. As ons arms gevou sit gaan dit net erger word. Wie wil in ‘n land kom bele waar sulke seine is.

Michelle ·

As hulle nie die agter sakke vol maak met hul korrupsie nie sal jy uithaal en wys jy het nie ‘n keuse nie. Die regering se net vandag jammer more is die krag op, of petrol, of jammer ( load shedding ) en by die Zondo kommissie dink jy almal praat uit die hart uit nee wat dink weer. Hul trek nie toutjies nie hul trek yslike kabels en jy kan nie voorbly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.