Die prys van petrol sal volgende week met 45c per liter daal, het die departement van energie Vrydag aangekondig.
Diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% sal met 61c sent per liter daal en 0.005% daal met 60 sent per liter, het die departement in ʼn verklaring aangekondig.
Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers het verswak in vergelyking met die vorige maand en het ʼn groot invloed gehad op brandstofpryse.
“Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers vir die tydperk 26 September 2014 tot 30 Oktober 2014 was 11,1004 teenoor 10,9149 gedurende die vorige tydperk,” het die departement gesê.
Hoop die toestand bring die kos pryse ook af.