DBV-inspekteur in skok ná kaping

Die bakkie wat gekaap is (Foto: Cape of Good Hope SPCA)

Die Kaap van Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Wes-Kaap het sy skok uitgespreek oor ʼn kapingsvoorval in Khayelitsha waartydens een van hul voertuie gekaap is.

Die inspekteur wat in die voorval betrokke was, het ongedeerd daarvan afgekom, maar is steeds erg getraumatiseerd.

Volgens Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die DBV, het die inspekteur Vrydag omstreeks 18:30 met die voertuig by sy huis in Harare, Khayelitsha, gestop en uitgeklim toe hy deur twee gewapende mans oorval is.

Die mans het die voertuig – waarop die DBV se naam duidelik staan – gekaap en die inspekteur net daar langs die pad gelaat. Die inspekteur was ongedeerd.

Daar was ook geen diere in die voertuig nie.

“Die kapers het binne tien minute die voertuig se opsporingstoestel verwyder,” sê Pieterse.

Volgens Pieterse is die inspekteur erg getraumatiseerd en sien hy tans ʼn berader.

ʼn Saak van voertuigkaping is by die Harare-polisiestasie in Khayelitsha aanhangig gemaak.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat nie die motor óf vermeende kapers al opgespoor is nie.

Swendelaars het boonop die afgelope naweek probeer munt slaan uit die voorval.

“Die swendelaars het hulle voorgedoen as polisielede en ons gekontak met die nuus dat die voertuig gevind is. Hulle het bygevoeg dat ons insleepgeld moet betaal, wat ons nie gedoen het nie.”

Volgens Pieterse is dit die heel eerste keer dat die DBV onder ʼn kaping deurloop.

“Van ons inspekteurs is al van hul selfone of kontant beroof, maar nog nooit is een van ons voertuie gekaap nie.

“Dit is egter skokkend dat die kapers die vermetelheid gehad het om nie twee keer te dink om ʼn voertuig met ʼn handelmerk op te kaap nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Korrelkop ·

Hulle maaitjies installeer dan die opsporingstelsels, natuurlik sal hulle weet hoe en waar om dit buite werking te stel. SA is ‘n gemors, punt!

Delia ·

Solank dit ons en hulle is, sal ons seker nie vorentoe beweeg. En dit geld beide kante toe

Di ·

WIE kan ons bedank dat misdaad die land oorgeneem het? CELE EN SY ANC KADERS

Harley Davidson ·

Die NP 200 het ‘n voertuig van keuse geword by kapings en diefstal as ek so kyk na die verskillende misdaad voorkoming groepies op my selfoon.

Swerwer ·

Waarom geskok, dit is aan die orde van die dag. Die gewetenlose skurke vra nie wie jy is of aan wie ‘n motor behoort voor hul hul gruwe dade uitvoer nie. Solank Hoed en die Res van die Regering hul doof en blink hou sal niks beter word nie. Dit is juis die Regering wat agter al hierdie misdaad sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.