Dis binnekort Solidariteit vs die Poskantoor

Foto ter illustrasie. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Solidariteit sal reeds eerskomende Dinsdag (28 September) ʼn dringende hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) bring. Dit volg nadat Sapo versuim het om bydraes van meer as R600 miljoen aan werknemers se mediese fondse oor te betaal.

“Die poskantoor oortree nie alleenlik sy statutêre en kontraktuele verpligtinge teenoor sy werknemers nie, maar bedreig ook sy werkers en ons lede se lewens deur hierdie versuim,” verduidelik Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit. “Van ons lede ly aan ernstige chroniese siektes soos kanker en maak staat op hul mediese dekking om toegang tot behandeling en medikasie daarvoor te kry. Indien Sapo nie hierdie agterstallige bydraes betaal nie, sal werknemers hul toegang tot sulke behandeling verloor.”

Solidariteit voer aan dat korrupsie, wanbestuur en staatsverval endemies by Suid-Afrika se staatsinstellings is. Verder verduidelik Solidariteit dat hy onderneem om hierdie euwels namens sy lede wat by hierdie organisasies werksaam is, sowel as lede wat belasting betaal, te beveg.

“Dit is uiters hartseer dat ons ons telkens tot die hof moet wend om staatsinstellings te dwing om die regte ding te doen, maar ons kan nie net toegekyk hoe staatsverval en belastingmisbruik tot gevolg het dat staatsinstellings hul werknemers en belastingbetalers benadeel nie,” sê Van der Bijl. “Ook in hierdie geval sal ons die belange van ons lede beskerm en ons sal alles in ons vermoë doen om te verhoed dat hulle die slagoffers van wanbestuur deur die staat word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiptol ·

Nóg ‘n hofsaak, nóg uitgawes, nóg korrupsie wat nie vasgevat kan word nie. Dankie Solidariteit dat julle nog probeer, maar korrupsie in dié land ken nie perke nie.

Kokerboom ·

Dis soo ironies..SA spog met sogenaamde demokraties verkose regering en instellings MAAR dan moet uitkomste dmv hoë koste regsgedinge AFGEDWING word! Wat ‘n klug! Looi hulle Solidariteit!

Sandra ·

Maar hulle mors geld om hof toe te gaan om alleenreg te kry om ‘n pakkie onder ‘n kilogram te stuur? En glo my, van ondervinding weet ek hulle is nie in staat om ‘n pakkie heel anderkant te kry nie.

Swerwer ·

Solidariteit eintlikmoet jul jul tyd daaraan wy om ontslae te raak van die ANC en dat ons land weer ‘n bevoegde Regering kan kry om hierdie Sikus te stop

piper ·

n koevert vanaf pietermaritzburg na oos london het per geregistreerde spoedpos 19 dae geneem . geen wonder hulle kry nie besigheid nie.

Heinrich ·

Mmmm, wigte en teenwigte. Opposisie partye skitter in hulle afwesigheid hier…

Harold ·

Kan die Poskantoor nie sommer asb herrinner word aan hul Pos Agentskappe wat nege maande laas betaling gekry het nie.Hulle het ook gesinne om te onderhou!

Jr ·

SOLIDARITEIT betrokke. Oh well ons weet al klaar wie hierdie saak gaan wen. Kyk net die vorm van die resies perd. Soladariteit 12354 sake gewen Govt sake gewen = ‘n ronde vet 0

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.