Dís hoe beurtkragsake nou staan

(Foto: Colette van der Merwe)

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag nog tot Donderdag om 05:00 sal voortduur, waarna dit tot fase 3 verlaag gaan word en in hierdie stadium tot Saterdag om 05:00 sal voortduur.

Die kragvoorsiener sê die voortgesette inwerkingstelling van beurtkrag word genoodsaak deur die gebrek aan kapasiteit wat veroorsaak word deur eenhede wat breek, asook om noodopwekkingskapasiteit aan te vul.

Eskom sê hy sal Vrydagmiddag enige verdere veranderings aankondig, of vroeër indien daar enige beduidende veranderings plaasvind.

ʼn Opwekkingseenheid elk by Arnot, Kriel, Lethabo en Matla, asook twee opwekkingseenhede by die Camden-kragsentrale, is sedert gisteraand weer aanlyn gebring.

By Hendrina, Kendal en Majuba moes eenhede egter van lyn gehaal word om herstelwerk te doen.

Vertragings om opwekkingseenhede by Kendal, Komati en Tutuka weer aanlyn te bring, het tot die beperkte kapasiteit bygedra.

Eskom sê tans is 6 647 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl onbeplande instandhoudingswerk tot ʼn verlies aan kapasiteit van 16 692 MW gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Leon ·

Eskom self nou deurnekaar met hoe die fases werk. Let wel. more middag is weer terug na fase 4. Dan fase 3 vir 2 ure, fase 4 vir 6 dae weer fase 3 vir 1 uur. Pleks hul maar hou by fase 4 dan kan vooruit beplanning gedoen word

Quinzie ·

Elke keer as die fase verander kry ons ‘n ekstra beurt en iemand ander spring ‘n beurt vry !

Alta Alleman ·

Dalk sal dit beter gaan as hulle die kragsentrale se name verander.

My siening ·

Niemand in die korrupte regering wil die vraag antwoord, HOEKOM GEE ONS KRAG WEG VIR BUURLANDE? Is dit jou manier om vir burgers te sê ons maak soos ons wil en ons sal jul SA belasting betalers straf want ek Cyrel en kaders het mag. Vsek anc

Nettie ·

Hierdie is nie meer ‘n grap nie. Dis nou al amper ‘n maand van nie net beurtkrag nie, maar fase 3-6!!! En Eskom praat asof als normaal is. Dit is nie! Dis ‘n KRISIS.

En ek WEIER om hierdie as my “nuwe normaal” te aanvaar, Eskom!! Julle speel speletjies met ons. Ek sou baie, baie mooi dink op hierdie stadium om aan te hou dit met voos-geslaande mense doen.

VaalDonkie ·

Julle, ek is baie bly om aan te kondig dat ek vandag vir die eerste keer ooit 100% op sonkrag gewerk het. My werk is van so aard dat ek net ‘n skootrekenaar en twee ekstra skerms nodig het, plus fiber/wifi so ek kon regkom met on 500W paneel, een 1kWh battery en ‘n 500W inverter. Voel nogal goed. En vanaand maak ons kos op ‘n gasstoof en bad in warm water uit die sonkrag-geyser.

Manie ·

Ek is bly vir jou part, welgedaan. Vir my gaan dit egter oor die algehele ongerief, dus gaan ek groter om die totale huishouding op sonkrag te plaas.

Keelvol ·

2020 – 35 dae van beurtkrag
2021 – 38 dae van beurtkrag
2022 – 81 dae van beurtkrag (tot begin Oktober)
2023 – 100 dae dalk?

Skim ·

Soos dit nou aangaan kyk ons na 365 dae vlge jaar. Ek is so moeg vir hulle verskonings. Dit steek my dwars in die krop om elke maand ‘n hoop geld te betaal vir so te sê geen diens van Eskom nie

Marika Muller ·

Beurtkrag is net n Ander manier van die regarding om mags grype toe te pas. Die lande waarhee SA krag uitvoer weet nie wat beurtkrag is nie.

MakersMark ·

Tussen nou en die naweek sal iets breek waaraan hul nooit gedink het nie. Terug 4 toe.

Nie Verbaas ·

Wag, ons is nog nie by die naweek nie. Die verlenging kom.

Skim ·

Ek dink hul trek ‘n mus oor ons oë. Hulle het lankal besluit om loadshedding permanent in te stel, maar sal dit nie sê nie want hul is bang vir al die protesaksies wat sal volg. Hierdie 2 weeklikse storietjie van hul… tot Donderdag …tot Saterdag ens. is net om die mense te paai.

Aikie ·

Ja, hierdie “fases” maak mens klaar, net soos die fases wat ‘n tiener deur gaan. Ek het hulle nou byna almal ervaar en ek hoor van’ n fase 10 waar Eskom uitkom en jou kers kom dood blaas.
Dus het ek nou uitgewerk wat fase 15 behels. Dit is wanneer Eskom die lig aan die einde van die tonnel afsit, sodat jy nie rigting het om te weet watter kant toe nie!

Casper ·

Eskom gaan gebuk onder geldelike druk maar dit is vir my verregaande dat soveel eenhede altyd by dieselfde kragstasies uitskop,dan vra ek myself die vraag,hoekom.Is daardie kragstasiebestuurders bevoeg om die werk te doen of nie.Hoelank gaan ons nog die beurtkrag kan verduur en vir hoelank gaan die ekonomie beurtkrag kan absorbeer,en hoeveel mense gaan sonder werk sit.

Keelvol ·

De ruyter verdien dan 7.5 mil per jaar. Klink nie vir my asof eskom met geld sukkel nie.

Nico ·

Dit sal beter gaan as Eskom al die ongeskoolde werkers die trekpas gee en behoorlike gekoolde werkers aanstel, wat Eskom nie sal doen nie.

Nico ·

Wat ek net nie verstaan nie is dat daar party dorpe wat se krag onderbrekings dieselfde is as waar ek bly maar hulle het nog nooit loadshedding gehad nie. Kan iemand dit vir my verduidelik asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.