Dít is wat jy nou jou huishulp moet betaal

besem-mop-skoonmaak

Foto: Orzalaga/Pixabay.com

Die departement van arbeid het die nuwe jaarlikse sektorale verhoging van die minimum loon vir huiswerkers vasgestel wat vanaf 1 Januarie geld.

Huishulpe wat meer as 27 uur per week in groot dorpe en stede werk, moet nou ʼn minimum loon van R13,05 per uur ontvang. Dit is R2 544,55 per maand vir ʼn gewone werksweek wat uit 45 uur bestaan.

Huiswerkers wat meer as 27 uur per week in kleiner dorpies en die platteland werk, moet ʼn minimum loon van R11,89 per uur, of R2 318,37 per maand vir ʼn gewone werksweek van 45 uur ontvang.

Werkers wat net 27 uur of minder per week werk in groter dorpe en stede moet ʼn minimum loon van R15,28 per uur of R1 787,62 vir die maksimum van 27 uur per week ontvang, terwyl werkers in dorpe en die platteland geregtig is op ʼn minimum loon van R14,03 per uur of R1 641,38 vir ʼn werksweek van 27 uur.

Intussen het die departement van arbeid gesê hy sal vandeesweek voortgaan met opleidingsessies rakende die instelling van die nuwe nasionale minimum loon.

Die nasionale minimum loon (NMW) van R3 500 per maand, of R20 per uur, sal na verwagting van 1 Mei ingestel word. Huiswerkers sal dan volgens die bepalings van die NMW R15 per uur vergoed moet word, of 75% van die voorgestelde R20 per uur loon. Alle lone vir huishoudelike werkers in alle gebiede sal ook dan dieselfde met die instelling van die loonbeleid word.

Huiswerkers in plaaslike en landelike gebiede, wat minder as 27 uur per week werk, sal egter effens hoër vergoeding as die verwagte R15 per uur moet ontvang, wat deur die NMW voorgestel word.

Stephen Rathai, direkteur vir indiensnemingstandaarde by die departement van arbeid, het Dinsdag aan Talk 702 gesê die aanvanklike laer nasionale minimum loon vir plaaswerkers en huishulpe is ingestel om afleggings en werkloosheid in die bedrywe te bekamp.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het in ʼn verklaring oor die nuwe sektorale verhogings gesê dit is ʼn belangrike stap in die rigting van die vermindering van loonverskille in groter en kleiner metropolitaanse gebiede. Sy het gesê sy het ook nou die sektorale verhogings ingestel om te vergoed vir die stygende lewenskoste vir veral huishulpe.

“Dit sal help dat hulle hul lewenstandaarde kan handhaaf totdat die NMW afgekondig word,” het Oliphant bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Nee Dankie ·

Neeeee dankie….So oud en krom soos ek is, maak ek liewer my eie huis skoon en my skoonmaakmiddles hou baie langer. Dankie……

Trots Afrikaans ·

En niks raak weg of breek nie. So spaar jy nog geld.

maffematics ·

So as ons huishulp net 1 dag per week by ons huis werk, hoe moet ons weet hoeveel ure sy per week werk? En wie besluit of die dorp ‘n groot of ‘n klein dorp is?
Hoe meer demands die regering oor lone gaan plaas, hoe meer mense gaan uiteindelik op die sypaadjie sonder werk sit.

G ·

Susan, ek dink maffematics bedoel dat, as die werker slegs ‘n uur by hom/haar werk, hoe weet hy/sy dat die werker se gesamentlike ure nie dalk ophoop tot meer as 27 ure as die persoon by ander mense ook werk nie. Die berig sê net werksure van meer of minder as 27 ure, so die vraag is eintlik geldig. Ek glo jy gaan die hoër of laer bedrag betaal afhangende van die totale ure wat die persoon by JOU huis werk, maar dan is dit beter vir die werker om vir korter ure by meer as een persoon te werk, en dan die hoër bedrag te ‘claim’ elke keer.
Als word duurder. Ek weet nie hoe mense op so ‘n lae bedrag oorleef nie, maar die departement moet in ag neem dat die MEESTE werkers nog etes ook kry. En dan is daar die wat rus-rus werk, so hoe word ure dan bepaal? Gelukkig sit ek nie met sulke probleme nie. Ek maak maar so stuk-stuk skoon.

Rieks ·

Daar is ‘n verskil (groot verskil) tussen die ure wat ‘n huishulp die dag in jou huis moet werk teenoor werklik werk en kan dit moeilik wees om te bepaal. Nie dat die moet- werk ure ooit tel of bygehou word nie. ‘n Tuisbly buurvrou se antwoord aan my toe ek noem dat my huishulp van 8vm tot 3nm werk, was: ‘ Dis wat jy dink! Sy’s nooit na 12 nog by jou huis nie.’ Hoe kon ek weet as ek self voor 06:30 werk toe gery het en eers naby 6nm weer by die huis gekom het? Integriteit en werksetiek is net woorde in ‘n woordeboek waarvan die uitvoering al in die sewentigs, indien nie vroeer nie, al uitgesterf het. En dit geld ongelukkig by die massas van AL die rasse in ons land.

Dissie ·

Daar is ‘n webtuiste v d staat waar jy kan kyk waaronder jou dorpie val.

Hans ·

Werk minder ure per week en verdien meer. Maak nie sin vir my nie. Die lewens kostes is mos nie verskillend tussen groot stede of klein dorpe nie, of sit ek die pot mis hier? Kan iemand meskien net noem hoeveel % verhoging is dit, ek het nie huiswerker nie, net nuuskierig om te weet.

verstom ·

Ditto. Ek kan nie glo dat werkende ma’s nie tyd kry om hul eie plekke skoon te maak nie, dit maak hulle krommer en luier.

Anoniem ·

Verstom….jou kommentaar verstom my…. so tipies van ons mense om mekaar so af te kraak….wel as jy n werkende ma is en jou eie huis skoonmaak, jou eie klere stryk, na jou kinders omsien ens ens ….wel gedaan! Dan is jy seker ‘n knap vrou/man hoor!

G ·

Gilla, ek glo ‘verstom’ se antwoord was ‘tongue in the cheek’ bedoel?

n ·

@ verstom, regtig??? Ek het nie eers woorde om jou te antwoord nie.

Ook n Ma ·

Verstom, hoop van harte jou aanmerking was wel tong in die kies gewees want net n hardwerkende ma kan n ander hardwerkende ma se uitdagings verstaan en begryp. Ons is beslis nie lui as ons n huishulp het nie, dis om ons in staat te stel om die bietjie tyd tot ons beskikking aan ons gesin te spandeer. Ek sien my kinders (wakker) max 3.5 ure per dag en in daardie tyd wil ek beslis nie afstaan aan huiswerk nie!

nell ·

Ek hou niks van huis skoonmaak nie en so lank as wat ek dit kan bekostig, sal ek iemand kry om dit vir my te doen. Ek werk buite die huis heel dag en het nie nog lus om by die huis ook te werk nie. Kosmaak, wasgoed was, kombuis aan die kant maak, kinders versorg, ens. vat alreeds energie. Hoekom nie ook wil ontspan nie! Dis mos nie ‘n sonde nie. Eendag wanneer ek oud en afgetree is, sal ek tyd hê om my huis skoon te maak, maar vir nou laat ek dit aan iemand anders oor. So help ek natuurlik ook iemand met werk.

Meer as minimum loon ·

Lyk my myne kry te veel. EN moenie vir my se dit is nie ‘n LEEFBARE inkomste nie. Dan moet hulle nie werk nie! Ek kan nie by my werk kom en se . dit is my kwalifikasie maar die geld wat julle my wil betaal is nie ‘n leefbare inkomste nie, ek wil ook soveel soos die bestuurder he? Jy moet onthou dat meeste huiswerkers ONGESKOOLDE werkers is met min of geen skoolopleiding nie. Die werk wat hulle doen is meestal afstof, stofsuig, beddens opmaak en skottelgoed was. EK praat NIE hier van huishulpe wat KINDERS OPPAS en kosmaak nie, ek praat van diegene wat NET skoonmaak soos in my huis. EN sy maak nie eers ordentlik skoon nie. So of dit nou ‘n LEEFBARE inkomste is of nie, ek KAN nie meer betaal nie, en haar dienste is NIE MEER WERD nie. Dan kan ek en my man vinnig self in die middae afstof en stofsuig en die skottelgoedwasmasjien pak en ek kan naweke stryk (ek was in elk geval my eie wasgoed ook nog). Ek wil glad nie onregverdig en onsimpatiek wees nie, maar as jy 1 uur in die middae wil loop met die minimum gedoen, is jy NIE meer werd as wat ek jou betaal nie, en ek betaal REEDS te veel!

jaco ·

jy vergeet dat brood en melk en klomp ander goed DIESELFDE (ewe duur) kos vir geskooldes en ongeskooldes.

@ JACO ·

Wat is jou punt JACO? SO omdat jy ‘n ongeskoolde werker is moet ek jou meer betaal omdat ons brood en melk dieselfde kos? My baas moet my dus meer betaal omdat MY petrol en sy Petrol dieselfde kos? Sjoe ek het lanklaas so ondeurdagte opmerking gesien. Maar ek vat dit maar van wie dit kom. ALLES kos dieselfde vir almal, maar tensy jy ‘n KOMMUNISTIESE bewind voorstaan, sal mense nooit dieselfde inkomste kry nie!

Hanlie Geyser ·

Beteken dit hulle voorsien dan hul eie ontbyt en middag ete en eet dan nie meer uit die werkgewer se yskas nie.

EERLIK ·

Doen die werk self en spaar daai 2000+ en nog so ekstra 1500+ per maand op seep kofie en suiker en en wat nie voete kry nie .

A ·

Ek kan nie meer byhou nie. Ek het iemand wat vir my werk 3 dae per week al oor die 36 jaar. Maar ek kan dit eenvoudig nie meer byhou nie. Hoe sê jy vir iemand wat al so lank deel van jou lewe is jy kan dit nie meer bekostig nie.

Jakoba ·

Doen maar jou eie huiswerk. Jou kos hou langer, jou skoonmaak middels hou langer en jou strykysters hou jare en nie net 2 maande nie. EN jy spaar ook sommer geld.

nell ·

Geld wat stom is, maark reg wat “krom” is….wat van die krom rug wat jy ontwikkel?

Adri ·

Ek het 2 kinders groot gemaak huis gehou en skoongemaak en voltyds by ons besigheid gewerk en by nie 1 van daardie werksplekke is ure nie jy werk tot werk klaar is omdat jy jou eie besigheid en huis het daar is ook nie oortyd ter sprake so dit kan gedoen word bestuur en beplan jou tyd en die nagte is lank en rustig terwyl d res van die gesin slaap niemand is nog ooit dood van harde werk nie

Uvonka ·

Ek gaan nou dadelik vir my ‘n ou salarissie uitwerk!! Ek is ‘n werkende huisvrou so my tweede skof begin om 17:00 tot laat! Ek stem saam met Nee Dankie, defnitief DIY!

Denise ·

Ek is bly ek kan nog elke dag my huis self skoon maak na 35 jaar !!!!!!

blom ·

Dit bly vir my nog steeds ‘n “bargain”. Ek werk lang ure, en is nie lus
om dan nog huis skoon te maak en te stryk nie.

Hanna ·

Op die platteland Klein en afgeleë dorpies is daar vroue wat net te dankbaar is, vir R30, ‘n bietjie groente of ou klere vir hul kinders of hulself. Bettie in die een dorp Dora op die ander het 4 ure gewerk.

Ek mis my vriendinne onsettend. Ons het ‘n Sak Sout saam opge-eët, saam middagete ge-eet. As jong nuwe ma het hulle my gelei en raad gegee, my trane afgedroog.

Ja ek gun huishulpe meer, maar as jy dit nie kan bekostig nie en sy kom klop aan jou deur, nooitjie help, net ‘n bietjie help. Dan staan julle saam, Dan maak kleur, geld en ure nie saam nie. Die ZCC vroue het almal goeie harte.

Dankie vir die wat ek kon Ken.

In die stad sukkel ek meer en het nie ‘n HULP nie.

G ·

Presies, laat dit ‘n werker se besluit wees waarvoor hy/sy bereid is om voor te werk.

Linda ·

Hanna ek stem saam met jou. Ek het nou n huiswerker en sy het reguit vir my gese sy gee nie om of ek haar min of teveel betaal nie. Ek betaal haar met wat ek het. Ek doen dit uit my hart uit sy kry haar basiese salaris en party maande wat ek bietjie meer geld het sal ek vir haar ekstra vleis, brood en mieliemeel koop. Sy is soos n ma vir my. Ons bid saam. Sy het my geleer hoe hulle tradisioneel eet en sy is regtig deel van die familie. Ek en my verloofde het self gese voor ons haar enigsins sal wegwys sal ons eers ons kar verloor en die huis. Sy weet dit goed. Sy het vandag reguit vir my vertel dat ons help mekaar. Dit is hoekom ons daar is vir mekaar.

RB ·

Dit is so, maar ongelukkig is daar ook baie oneerlike mense. Werkgewers wat sal sê dat hul nie meer kan betaal nie, of werkers wat iemand na die staat gaan sleep al het hul gesê dat hul die betaling sal aanvaar.

Ek dink nie hierdie “minimum” is buitensporig nie. Maar dit moet saam met eerlike werk gaan, en natuurlik geen lang vingers nie. Die laaste twee is tipies waar die probleme begin.

LouE ·

My huishulp kry meer as dit. Sy is al 30 jaar in diens by my en ek vertrou haar ten volle. As ons eendag in die Hemel kom sal sy daar voor erens plek kry. Ek gee elke jaar vir haar dieselfde persentasie verhoging as wat ek by my werk kry.

werkself ·

Dit raak te voorskriftelik en gekompliseerd. Ek werk liewers self.

Irene ·

Doen my eie werk wanneer ek wil dan het ek geen probleme nie

Mien ·

Besef nou dat ons amper R100 000 per jaar spaar omdat ek en my wederhelf alles self doen. Het geen werkers tuis of by ons onderneming nie. Ook nie vir die tuin nie, gebruik tuindienste wat baie goedkoper is. Dan het ek nie eers die bedrae vir werkloosheidsversekering en ongevalle kommissaris en welsyn bygetel nie !

nell ·

Jy kry huisskoonmaakdienste ook (as jy nie meer kan byhou met die wette nie). Sommiges voorsien selfs skoonmaakmiddels en gebruik hul eie stofsuier.

Janeigh ·

Dag almal..hoeveel kry huishulp wat inslaap in die stede?
Ek het 3 kinders

Annemie Coetzee ·

My huishulp kry meer as die minimum loon en ek kan nie sonder haar nie. Ek is meer as in staat om self die huis skoon te maak, maar sy het die geld nodig, net een dag in die week en ek help haar deur vir haar by my huis te laat werk. Ons sien mekaar min maar ek vertrou haar ten volle.

Wintertyd werk ek tot baie laat saans en dan is ek nie lus om nog te kom huis skoonmaak nie, ek is nie eens betyds om kos te maak nie, my man moet inspring.

Ruby ·

Janeigh, wat jy ookal betaal, solank dit dieselfde of meer is as die minimum loon.

Jy mag dan 10% aftrek vir behuising.

Deon viljoen ·

Kan net nie verstaan hoekom werkers van klein dorp minder betaal word as die in grootdorpe, werk is werk en indie platteland is die lewens koste duurder as in die stede. Ek meen huiswerk is huiswerk maak nie saak waar jy bly.

tokkie ·

Betaal myne baie meer as voorgeskrewe. Sy maak huis, tuin en alles skoon

Geliefd ·

Tokkie, ons betaal ons huishulp en tuinman goed, baie goed. Ons behandel hulle met respek en ons kinders moet ook. Tuinman werk al 19 jaar vir ons. Huishulp 9 jaar. Ons is bederf met hierdie mense wat v ons kan werk in ons land. My huishulp is my rots. Sonder haar sal my hele gesin daaronder lei. Betaal hulle goed, min loon is twak. Geen geen mens kan op soveel geld oorleef. Ek word woedend as ek die berekening doen.

Ja-nee ·

As jy n huishulp kan bekostig wonderlik vir jou. Ek het my huishulp ver meer betaal as die voorgeskrewe. Dit is nou al twee jaar vandat ons nie meer n huishulp kan bekostig nie en dit het n groot besparing in ons totale uitgawes gemaak.

Andre ·

Die meeste van die huiswerkers vra al klaar tussen R200 en R250 n dag. Beteken dit dat hulle nou sal 10 to 12 ure n dag moet werk?

Cathy ·

Verstom! Ek is verstom dat mense nog so lelik kan wees nie. Ek betaal my huishulp vir 3 keer ‘n week. Ek neem aan sy werk ook ‘n 8 ure dag nes ek en betaal haar daarvolgens maar darem bietjie meer as die R15 ‘n uur. Ek waardeer haar en die hulp wat sy my gee. En nee my skoonmaak goed word mooi opgepas en ek vertrou haar heelhartig. Vir die dame wat R100 000 per jaar spaar deur self te doen, is die wiskunde reg? Want ‘n voltydse werker teen R3000 per maand gaan jou net R36 000 kos?

Blommie ·

Hmm nou wonder ek daar is daardie persrntasie verhoging vir hulle WANT lewenskoste styg. Wat dan van die pensioennarisse wat net 2% verhoging kry vir hoelank al. Lewenskoste bly vir ons ook die selfde. Ek vra maar net

jaco ·

ek sou nog kon verstaan as hierdie patetiese minimum loon in die ou SA opgestel is, maar dit is nie.
Ek sou ook nog kon verstaan dat dit deur swart amptenare opgestel is en deur n swart minister goedgekeur is, as die meeste huishulpe in SA wit was, maar dis nie die geval nie.
Dis n skande dat so n patetiese mimimum loon uitgewerk en goedgekeur is deur mense wie se eie mede-swartes die meeste van SA se huishulpe uitmaak. Weet hulle hoe min dit regtig is? weet hulle wat is die lewenskoste?

Sarie ·

In eerste wêreld lande doen mense hul huiswerk self en kom niks oor nie. Ons het getrek en ek het besluit geen huiswerker nie. Ons almal werk saam en die huis bly skoon, want ons is versigtiger hoe ons optree want ons moet nou self skoon maak. Ek spaar ook baie. Kon met die geld wat ek gespaar het ‘n nuwe stofsuier koop. Wonder like hoe terapeuties huiswerk kan wees en om nie te praat van die ekstra spiere wat werk nie ..

Adri ·

Ons het ons eie besigheid so ek het nie spesifieke kantoor ure nie ek het 2 kinders groot gemaak en maak my eie huis ook skoon waar daar n wil is is daar n weg

bgj van der westhuizen ·

wel die min loon het sy voor deel en na deel maar ek sal se daar moet n min loon wees vir elke werk wat gedeon word

WP ·

Ai mense, hoe ons nasie mekaar nie sal afkraak nie. Ek glo nie dat enige iemand deesdae minimum loon betaal vir huiswerkers nie. Orals verdien hulle 80 tot R100 meer per dag as wat minimum loon is !!!

Ai ·

Die salarisse waarvoor mense op die platteland werk, laat dit eenvoudig nie toe, om ‘n huishulp te bekostig nie. So dit gaan eintlik of dit bekostigbaar is of nie. Dit is vir baie mense die helfte van hulle salaris of dalk nog meer. En moet asb nie klippe gooi nie. Ek praat van feite.

rollie ·

Steeds ‘n bargain om ‘n huishulp vir eendag per week te he. Mense wat permanent die dienste van ‘n huishulp benodig, moet maar betaal. Dis in elk geval ‘n luukse perd wat vir te lank opgesaal is en as vanselfsprekend aanvaar is. Oorsee kan net die rykes huishulpe bekostig.

Theresa ·

Eintlik maar hier ook. En dit blyk asof dit al hoe meer die geval gaan wees.

not in wonderland ·

Betaal haar ‘n behoorlike salaris, in elk geval nie onder die minimum nie. Sy kan nie ‘n hele week se werk in een dag doen nie.

CJC ·

Ek maak maar my eie huisie skoon op ‘n saterdag oggend en wasgoed vat ek in om te stryk. Kos my maksimum R100 ‘n week.

nell ·

‘n Mens moet maar die belangrikheid van geld opweeg teen die belangrikheid van ‘n mens se tyd. Daar is so baie dinge om te geniet, en huis skoonmaak is beslis nie een van hulle nie.

Penellope Jones ·

En as ek geen verhoging kry nie maar belasting, brandstof, kos, alles duurder word??

RB ·

As jy belasting moet betaal, en ‘n motor besit, dan kan jy sekerlik nie verwag dat iemand vir minder as daardie minimum vir jou moet werk nie. Wat kan mens daarmee koop?

Basjan ·

Ons is gesin met 3 kinders onder 7. Werk voltyds, en stem saam dat ek die min tyd wat ons die kinders sien ten volle wil benut. Dis kos maak, bad, kosblikke pak en so aan.
Ons het huiswerker 2 keer per week. Sy het ‘n huisie iewers in die Laeveld en ons gee gereeld goed vir haar huisie. Sy word goed betaal en elke jaar kry sy verhoging wat meer is as inflasie. Sy kry Kersfees bonus en geskenkie. Net jammer sy moet binnekort aftree want waar kry mens weer so ‘n goeie mens?

Christo ·

Dis fyn. As jy ‘n huishulp wil hê en kan bekostig teen daardie bedrag, then go for it. Onthou net baie gaan hulle werk en paar rand verloor want nie almal kan dit betaal nie. So word die gaping tussen die wat het en die wat werkloos is groter. Well done. Slim regering.

Andrew ·

Elke person wat werk verdien ‘n billike vergoeding.

Wat my dwars in die krop steek is dat werkgewers van huishulpe en tuiniers volgens een wet as werkgewer geklassifiseer word, maar volgens ander wetgewing uitgesluit word.

Wergewers van huishulpe moet minimum lone betaal asook UIF betalings maak. Jy moet sekere verlof en voordele verskaf anders word jy vervolg.

Belastingwette sluit hierdie werkgewers uit. Jy kan nie soos ander werkgewers die salarisse aftrek vir belastingdoeleindes nie. Jy betaal ‘n salaris uit die deel wat oorbly nadat belasting daarop gehef is.

As werkgewers van huishulpe/tuiniers hierdie uitgawe kan terugeis (met die nodige bewyse natuurlik) sal huishulpe en tuiniers meer betaal kan word en die belastinglas versprei word.

Miskien is dit tyd dat ons ‘n vakbond vir werkgewers van huishulpe/tuiniers stig en sodoende bedingingsmag bekom om te beding vir ons voordele.

santa ·

As jou werker inbly , gemeubileerde kamer, TV, eet uit die huis wasgoed ens word by ons huis gedoen, kan jy dit by haar salaris tel?

Regverdig ·

Verstommend hoe sekere madams altyd die verblyf, wasgoed en etes vir voltydse huishulpe voorhou as ‘maar kyk wat is alles in haar pakket’. As jy wil hê die vrou moet haar gesin los om joune hand en voet te kom bedien en versorg, sou ek sê betaal haar in elk geval ”n goeie salaris sonder om alles wat jy ekstra gee, te wil aftrek teen haar pakket!

Huiseienaar ·

Ek verstaan die verhoging. Alles word duurder, maar ons salarisse word nie aangepas nie. Ek werk in privaatsektor )prodessiomle dienste) en ons kry al laaste paar jaar so 2 to 3% verhoging.
Huiswerkers eet ook gewoonlik maatye terwyl hulle by die werk is. Ek weet nie waar kom die gebruik vandaan nie. Dit kos ook geld. Die res van ons moet maar iets koop of saam vat.
Nee wat, sy gaan kennis kry en moet dan maar ander plan maak. Nie my probleem nie.

Corinne ·

Ek is ‘n werkende mamma. Ek het so gefrustreerd geraak as ek sê doen al die strykwerk eerste (ek was self) en as daar iets nie klaar is met skoonmaak nie sal ek dit doen, dan kom ek by die huis en syt weer andersom gedoen. Ek het ‘n normale 3 slaapkamer enkelverdieping huis. Kon nie meer lewe dat ek iemand betaal en nog die werk self moet doen nie. En 3uur is hulle klaar gewerk. Nou sukkel ek maar voort. En almal help in die huis. Die goeie huishulpe (van die platteland) is ouer en is baie skaars. Ek dink die getal van hulle wat sonder werk sit gaan net meer word. Meeste mense kan dit nie meer bekostig nie.

Sonder jou..nooit ·

Ek sal nie daai werk doen vir daai geld nie. Ek is jammer. Die salaris is wat van julle se weeklikse kruideniers is en dan kla julle om kom op iemand se bord te sit
As die geld jou pla, doen jou werk self, maar ek kannie van 8 tot 6 werk, skool huiswerk doen en kosmaak liefde gee, my kinders versorg en nog huis skoonmaak nie. Nie vir R2600 nie . Siena ek salueer jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.