ʼn Ma van Noordwes is dood nadat sy drie van haar kinders gif ingegee het voordat sy glo ook self daarvan ingeneem het.
Susanna Dantjie, waarnemende provinsiale sekretaris van die ANC in Noordwes, het Donderdag gesê die vrou van Tshing naby Ventersdorp het glo Saterdag vir haar kinders die gif ingegee.
Volgens Dantjie het die ma die gif in sjokolade gesit wat sy vir haar drie kinders, onderskeidelik nege maande, vyf jaar en nege jaar oud, gegee het. Sy het daarna vir die kinders sap gegee om die sjokolade mee af te sluk.
Volgens Dantjie het die ma daarna na bewering ook van die gif ingeneem.
Die hele gesin is na ʼn nabygeleë kliniek geneem, waarna hulle na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas is.
Volgens Dantjie het die twee jongste kinders met hul aankoms by die hospitaal gesterf, terwyl die ma Maandag in die vroeë oggendure dood is.
“Die oudste seun veg steeds om sy lewe in die waakeenheid,” het sy gesê.
Die Noordwes-polisie was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Sies vir die ANC. Kon niks doen om die land te verbeter of om werk te skep nie. In plaas daarvan word die land geplunder met bedrog en valse beloftes. Dit is die gevolge van mense wat nie meer kans sien om te lewe nie. Innige simpatie met die familie van die oorledenes.
Hoe hoog moes haar nood nie gewees het nie ;(
Ek wou hierdie kommentaar vroeër geplaas het, maar het daarteen besluit totdat Kopskud se kommentaar my oorreed het om dit te doen.
‘Laaste sin – Noordwes polisie was nie onmiddelik beskikbaar vir kommentaar nie’.
Miskien behoort geen Kommentator by hierdie berig beskikbaar wees vir kommentaar nie. Nie nou of selfs later nie. Bly net stil.
Want wat jy sê, mag baie slim of baie dom wees. Sê dit dus liewer nie.
Stem saam
Almal simpatiseer nadat iets afgrysliks gebeur het… Hoekom help mense nie die wanneer hulle weet daar is nood en wanneer die ma’s hulself selfs verneder om hulp te vra nie??!!