Die polisie in Mpumalanga soek drie verhoorafwagtende gevangenes wat die naweek uit die aanhoudingselle van die Calcutta-polisiestasie ontsnap het.
Die drie het Saterdag ontsnap saam met nog twee verdagtes, Brian Ubisi (20) en Bongani Sivalo (19), wat later aangekeer is in hul wegkruipplek in Justicia, naby Hazyview. Albei word aangehou op aanklagte van verkragting wat na bewering op afsonderlike geleenthede gebeur het.
Bykomende aanklagte staar die twee in die gesig nadat hulle ontsnap het en weer aangekeer is, sê sers. Gerald Sedibe.
Die drie wat nog op vrye voet verkeer, is:
- Peace Khoza (21), wat in hegtenis geneem is weens poging tot moord, verkragting en ontvoering.
- Lwazi Mndlovu (21), wat in hegtenis geneem is weens moord.
- Dimakatso Smomoza Chiloane (22), wat in hegtenis geneem is weens moord.
ʼn Interne ondersoek word beplan om die omstandighede te probeer vasstel wat tot die ontsnapping aanleiding gegee het.
Enigeen met inligting oor waar die drie hulle bevind, word versoek om lt.kol. Dudu Shabangu by 082 469 2569 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Kol. Shabangu, begin by die lede wat aan diens was of veronderstel hulle was aan diens/teenwoordig.
wat kan mens se ???
21 en 22 jaar oud en aanklagte van moord, hoe gaan hulle ooit deur die lewe kom, ek sien geen lig in die tonnel vir hulle nie
moer-my gesigte
Nou vra ek hoe gebeur dit dan iemand uit tronk kan onsnap dit kan mos noe gebeur nie