Drie in hof oor olifanttande

Foto: SAPD

Drie verdagtes, tussen 31 en 36 jaar oud, het Maandag in die landdroshof in Polokwane in Limpopo verskyn op aanklag van die besit van olifanttande.

Maroela Media het vroeër berig die drie persone is Vrydagoggend omstreeks 10:30 by die Savannah Mall in hegtenis geneem toe hulle met olifanttande betrap is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê David Mathonsi (31), Raymond Move (33) en Ben Shiburi (36) bly in aanhouding. Hulle moet op 2 Februarie weer in die hof verskyn vir aansoek om borgtog en verdere polisieondersoek.

“Die verdagtes is deur lede van die eenheid vir bedreigde spesies in Limpopo, die honde-eenheid, misdaadintelligensie, die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (Ledet) en die omgewingsmisdaadeenheid van SANParke en die Krugerwildtuin in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê. Die drie verdagtes wou die olifanttande verkoop. Hulle het in ʼn gryskleurige BMW rondgery met vier stukke olifanttande ter waarde van ongeveer R168 000.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.