Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het Maandag aangekondig Oos-Afrika is die afgelope paar weke deur ʼn tweede golf sprinkaanplae getref.
Lees meerAlles vir Maandag 25 Januarie 2021
Vermeende sluipmoord-aanval op oud-Valkehoof
Genl. Johan Booysen, afgetrede voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het na berig word Maandag ʼn sluipmoordaanval by sy huis in Pretoria oorleef.
Oos-Kaapse man sit lank wat minderjariges verkrag
ʼn 35-jarige man van die Oos-Kaap is in die Bhisho-hooggeregshof gevonnis op aanklag dat hy minderjarige kinders verkrag het.
Man in hof ná plaashuis in Fort Beaufort afbrand
ʼn Man van die Oos-Kaap het Maandag in die landdroshof in Fort Beaufort verskyn op aanklag van brandstigting en huisbraak.
Hoof van African Bank bedank
Basani Maluleke, uitvoerende hoof van African Bank, het uit haar pos en as uitvoerende direkteur bedank.
Drie in hof oor olifanttande
Drie verdagtes, tussen 31 en 36 jaar oud, het Maandag in die landdroshof in Polokwane in Limpopo verskyn op aanklag van die besit van olifanttande.
Foto’s: Woestynlelies blom weer op Sandhof
“Die gevoel om hierdie pan blomme in die middel van die ongenaakbare vlaktes van Maltahöhe te beleef, is baie naby aan hoe dit moet voel om ‘n wonderwerk te sien. Geen mens kan onaangeraak daar weggaan nie.”
ToekomsVenster: God sal sorg
Gaan op jou knieë en beleef God se genesende teenwoordigheid.
Eloise: Só raak storm Eskom se bedrywighede
Sommige dele van Mpumalanga, Limpopo en die noorde van KwaZulu-Natal het kragonderbrekings tydens die storm ervaar.
Broers salueer SAL-kaptein vir oulaas
“Ons is nou nie meer ’n viermanskap nie.”
Twee wat brandstof steel sterf aan brandwonde
Teen die tyd dat veiligheidsbeamptes en polisielede op die toneel aangekom, het die twee reeds erge brandwonde opgedoen.
Boek ontmasker onderwêreld van ʼn reeksverkragter
In “ʼn Enkele verhaal’ deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach.
Toyota Hilux – baie naby aan volmaak
Oral waar jy ry kyk mense om en wys in jou rigting.
Departement moet sê oor ondersoek na uitgelekte vraestelle – AfriForum
Meer as twee maande het reeds verloop sedert die matriekvraestelle uitgelek het.
Die jaar toe Covid Kersfees probeer ‘steel’ het
2020 was dalk die vreemdste jaar ooit, maar daar is ‘n Kersgekenk wat niemand van ons kan steel nie, skryf Marianne Styan.
Klarissa Joubert se liggaam gevind
Lede van die gemeenskap het sedert Donderdag onverpoosd na Joubert gesoek, nadat sy in die Oranjerivier verdwyn het.
Entstof teen die naweek in SA – Mkhize
Intussen dui ’n peiling daarop dat amper ’n vyfde van volwassenes wat daaraan deelgeneem het, nie geneë is om met die Covid-19-entstof ingeënt te word nie.
Besnoeiing van KVBA-begroting lei tot ‘opeenhoping, uitstelle’
ʼn Paia-aansoek is gebring om duidelikheid te gee oor bespiegeling dat geld by die KVBA weggeneem is om aan ander, minder suksesvolle staatsinstellings, te gee.
Boek van die maand: ‘Die heelal op my tong’ deur Anoeschka von Meck
Soos in Ridley Scott se “Thelma and Louise” word die dorre Richtersveld-landskap die konteks waarbinne Anoeschka von Meck haar verhaal van verliefdheid en venyn, van vergryp en verwerping plaas, en die konteks vir die katarsis.
Nuuskommentaar: Ou idees bring nie nuwe resultate
Die ANC glo vas kommunisme misluk weens die implementering daarvan, eerder as die idee self.