Oos-Kaapse man sit lank wat minderjariges verkrag

Argieffoto

ʼn 35-jarige man van die Oos-Kaap is in die Bhisho-hooggeregshof gevonnis op aanklag dat hy minderjarige kinders verkrag het.

Brig. Ngangema Xakavu, distrikskommissaris van die polisie, het die uitspraak verwelkom toe Xola Mayedwa tot twee keer lewenslank gevonnis is.

Mayedwa is skuldig bevind op aanklag dat hy in September 2018 twee meisies, onderskeidelik nege en elf jaar oud, verkrag en ʼn 13-jarige meisie in die Bongweni-gebied in Peddie aangerand het, het kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en hy het in die Peddie-landdroshof verskyn. Sy aansoek om borgtog is afgekeur en hy het verskeie kere in die hof verskyn. Die saak is in Junie 2019 na die Bhisho-hooggeregshof oorgeplaas en hy het in dié hof ook ʼn paar keer verskyn tot sy vonnis vandag uitgespreek is.”

Mayedwa is in Oktober 2020 skuldig bevind op die aanklagte en is twee lewenslange vonnisse opgelê vir verkragting en 30 dae tronkstraf vir aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Hy kan ontspan. Met Mandela se niggie se hond se verjaarsdag sal die regering weer “human rights amnesty” gee en hy vry gelaat word. Hy moet net nie op die strand stap nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.