Hoof van African Bank bedank

Uitvoerende hoof van African Bank, Basani Maluleke (Foto: African Bank via ANA)

Basani Maluleke, uitvoerende hoof van African Bank, het uit haar pos en as uitvoerende direkteur bedank om ander loopbaangeleenthede na te streef, het die finansiële instansie Maandag gesê.

Die raad het Gustav Raubenheimer, hoof-finansiële beampte, as tussentydse uitvoerende hoof aangestel.

Maluleke sal haar kennisgewingsperiode tot 30 April voltooi en sy sal ook in dié tydperk beskikbaar wees om ʼn suksesvolle oorhandiging te verseker.

“Die raad waardeer Basani se beduidende bydrae om transformasie by African Bank te verseker sodat die instansie ʼn gediversifiseerde en belegbare handelsbank kan word,” het die bank gesê. “Haar bydraes sluit onder andere in die ontwikkeling en inwerkingstelling van die Omni-kanaal waar die bank ʼn digitale ervaring bied aan al sy kliënte en personeellede, wat weer die bank se handelsbeleggings verhoog en verseker dat die African Bank-handelsmerk rehabiliteer word.”

Die bank word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank beheer ná hy byna in 2014 ineengestort het weens slegte lenings.

Thabo Dloti, voorsitter van African Bank, het gesê die raad is vol vertroue dat Raubenheimer “ʼn veilige en bekwame paar hande sal bied, saam met die res van die uitvoerende span, om die groep te lei totdat ʼn permanente ampsdraer gevind word”.

Die bank sal na verwagting Dinsdag sy finansiële verslae voorlê vir die jaar wat op 30 September geëindig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Het ek reg gelees? Is African Bank wat seker 200% BEE en 300% regstellende aksie is, se hoof finansiële beampte ‘n wit Afrikaanse man??? Hoe het dít gebeur? Weet die menseregtekommissie en die ANC en die EFF daarvan?

Genis ·

Weereens lagwekkend, swart bestuur in grond in en wit man moet kom red wat te redde is…

Pieter ·

Enkele jare terug het ABSA onregmatig geld uit my geldmarkrekening getrek om hul verliese ten wyte aan African Bank te dek. Toe African Bank gered word van bankrotskap, is daardie geld nooit terugbetaal nie. Is maar lugtig met hierdie 2 banke.

gatgogga ·

Dis mos hierdie selfde African Bank wat nou die dag nog Ellerines verwoes het, en baie mense werkloos gelaat het.
Bly weg.

annie ·

Wil net graag weet of meegaande vrolike foto voor of na Me Basani se bedanking geneem is.
Ek sou raai daarna…

Hennie ·

“Om ander geleenthede na te streef” beteken gewoonlik handjie was in die kas register, of sy het nie die mas as BEE gesalfde opgekom nie. Bly ma weg van African Bank af, behalwe as jy ‘n AFRICAN is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.