Drie kinders vermoor; ma neem eie lewe

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Ma van Butterworth in die Oos-Kaap het glo haar drie minderjarige kinders vermoor voordat sy haarself om die lewe gebring het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ’n vrou Sondag omstreeks 07:00 die ma, Bongeka Buso (38), se rondawel in die Tholeni-gebied in Butterworth besoek. Sy het Buso en haar drie kinders dood in die woning aangetref.

“Buso het in die rondawel aan ’n tou gehang. Orabile Buso (8) en Oratile Buso (5) is dood op die bed aangetref. Anathi Buso (14) het op die vloer langs die bed gelê. Daar was ’n mes in haar nek,” sê Naidu.

“Die twee jonger kinders is vermoedelik vergiftig.”

Die motief vir die moorde word ondersoek, maar volgens Naidu kon armoede moontlik ’n groot dryfveer wees. Drie sake van moord en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, sê dit is kommerwekkend en hartverskeurend dat vroue wat deur armoede in die gesig gestaar word, tot sulke uiterste optrede gedryf kan word.

“Sosio-ekonomiese uitdagings kan kwesbaarheid vir geestesgesondheidskwessies vererger. Dit is van sleutelbelang dat armoede en die bevordering van geestesgesondheidsondersteuning gepak word om sulke tragedies te verhoed,” sê Mene.

“Terwyl ons Vrouemaand herdenk, doen ek ’n beroep op vroue om hul stem dik te maak en oor hul probleme te praat. Dit is belangrik om kommer dadelik te pak eerder as om te wag tot dit nie meer opgelos kan word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

George ·

Gaan die mense vir haar ook so opkom soos wat hulle doen vir die “dr” ?

hpven ·

Tragies. As armoede die motief is, lê dit voor Ramaphosa regime se deur.

domheks ·

Dankie cANCer vir julle stelery. As die paar kaders wat sulke lang vingers het net besef daar is ander wat honger ly.

Kobus ·

@George. Verskil die die ma in hierdie berig is ook oorlede en die “dr” soos jy haar noem lewe nog. Enige dood is hartseer.

piet ·

So wat is die verskil, die kinders is vermoor? enigste moontlike verskil is dat hierdie een meer moed gehad het om ook haar eie lewe te neem (sy opper ook nie malligheid as verskoning nie).

Sê maar net ·

So tragies en hartseer. Daai arme kinders het dit nie verdien nie :-(

Adrie ·

Die berig vul my gelyktydig met diepe hartseer maar ook ongekende woede. Hartseer dat ons Maatskaplike stelsel die Ma in die steek gelaat het en woede omdat die stelsel (die KADERS) hom(HUL)self vergryp aan ons belastinggeld. RIV.

Cherokee ·

re:
“Terwyl ons Vrouemaand herdenk, doen ek ’n beroep op vroue om hul stem dik te maak en oor hul probleme te praat. Dit is belangrik om kommer dadelik te pak eerder as om te wag tot dit nie meer opgelos kan word nie.”

Waar, wanneer en met wie moes so ‘n vrou praat? Hulle moet besoek word en gevra word om te praat.

Minnie ·

Bly jy in SA ?
Hier bestaan niemand wat behoeftige moeders besoek nie. Al dekades nie meer nie…

Kobus ·

@Piet, kan sien jy is vinnig van humeur. My punt is dat die “dr” leef en dat daar ‘n hofsaak aan die gang is. Die geval in die berig is oorlede, geen publisiteit, geen ondersoek, geen hofsaak en argumente van regsgeleerdes om onskuld/ skuld te bewys nie. Niemnd sê dat die een geval minder hartseer as die ander is nie. Niemand weet waarom sy dit gedoen het nie.

George ·

Om die verskil uit te wys beteken niks, albei het hul kinders vermoor. Punt.

Susan ·

Baie hartseer. Omstandighede kan mens dryf na uiterstes waaraan mens soms nie eers kan dink nie.

Karoo ·

George, ek sien jy hou daarvan om ‘n “klip in die bos” te gooi. En dis dan ook al. Die grootste verskil is dat hierdie Ma skeinbaar geen uitweg gehaad het nie, daar is nie eens’ n Man tersprake nie. Met die NZ sage is daar ‘n egpaar betroke waar die Man sy vrou gevaal het. Byde het hulle kinders gevaal, en nie net die een persoon is 100% verantwoordelik nie.

Minnie ·

Die man van NZ het niks verkeerd gedoen nie.
Om na NZ te verhuis wys dat hy vir sy familie n veiliger lewe wou skep.
Nie in enige geval het die kinders verdien om vermoor te word nie.

George ·

Karoo, glad nie. Ek bevraagteken net hoekom sekere moordenaars altyd verdedig word, waar ander nie. Die man en vriende moes dit ernstig opneem toe sy die eerste keer gese het sy gaan die kinders vermoor. So ja, die man het haar gevaal en die kinders ook, maar hy is beslis nie skuldig aan die moord op hulle nie, daarvoor moet sy staan vir haar sonde, maar nou probeer sy elke moontlike rede gee hoekom sy kinders vermoor het.

Minnie ·

Net so wreed soos die moordenares van NZ.
Dis skokkend.
Rus in vrede vir die kindertjies xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.