Drie ontbinde lyke by mynskag gevind

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Drie ontbinde lyke is naby ’n mynskag in Bronville in die Vrystaat gevind.

Die wagte het Donderdagmiddag skag 3 van die Saaiplaas-goudmyn naby Welkom gepatrolleer en ʼn stank het hulle tot die gruvonds gelei.

Die toesighouer is ontbied en by nadere ondersoek is daar op ’n been onder ’n stapel klippe afgekom, waarna die polisie ook ontbied is.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het beamptes saam met lede van die Matjhabeng-brandweer nog klippe verwyder, waarna drie ontbinde lyke in ’n gat gekry is. Een van die lyke is onthoof.

’n Leë patroondoppie is op die toneel gevind. Drie sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.