Die polisie in Lydenburg in Mpumalanga is op soek na drie mans wat Saterdag ʼn selfoonwinkel in dié dorp beroof het.
Kapt. Aaron Digoro, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans, glo tussen 27 en 30 jaar oud, het hulle voorgedoen as klante toe hulle die selfoonwinkel binnegestap het.
Een van die mans, wat ʼn sak by hom gedra het, het aan ʼn winkelassistent gevra om hom te help voor hy vir die assistent die versteekte wapen in die sak gewys en aangedring het op elektroniese toestelle in die winkel.
Die rowers het al die personeel behalwe twee beveel om in die agterkamer te gaan sit. Die twee oorblywendes moes die selfone in die rowers se sakke pak.
Die mans het enkele lede van die personeel vasgebind voordat hulle op die vlug geslaan het.
Niemand is in die voorval beseer nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Mense met inligting word gevra om Digoro te bel by 082 303 9799 of die misdaadnoodlyn by 0860 010 111.
Hulle is van Zimbabwe, gaan lê hulle by die grens voor. Al Zim se krimenele is mos hier!
Inside job
Hehehe weereens inside job
Sigbare en betroubare polisie en sekuriteite afwesig … ontplooi elke dag en oral nie net oor Desembermaand nie, skelms elke dag aktief besig