Drie tieners vas oor moord

Argieffoto

Argieffoto

Drie tieners, onderskeidelik 15, 17 en 19 jaar oud, sal Donderdag in die landdroshof in Uitenhage in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van die moord van die 17-jarige Dillen Davids.

Davids is Maandagmiddag omstreeks 14:00 doodgesteek in Ross Gradwellstraat.

“Polisiebeamptes het onverpoosd gewerk en die eerste verdagte, ʼn 19-jarige, is reeds Maandagaand omstreeks 23:00 in Kamesh in hegtenis geneem,” het kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die slagoffer en die verdagtes het glo in die straat baklei voor Davids met ʼn skerp voorwerp aangeval is. “Hy het op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Swart bygevoeg.

ʼn Tweede verdagte, 17 jaar oud, is Dinsdagmiddag omstreeks 12:00 in Tamboville, Kamesh in hegtenis geneem en die derde verdagte, ʼn 15-jarige, is om 13:55 by sy huis, ook in Tamboville, in hegtenis geneem.

“Die drie verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het sy gesê.

Brig. Laurence Soekoe, stasiebevelvoerder, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede en inhegtenisnemings wat daarop gevolg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lance ·

Tronk toe asb die samelewing het nie dit nodig nie …waar is die ouers ..seker reeds in die tronk …tragies !

Nix ·

Lance, dit beteken nie as die kinders nonsens aanjaag dat hul ouers sleg / tronkvoëls is nie.

snoefie ·

nix 9/10 beteken dit ongelukkig dat die ouers ander pad kyk om watse rede ookal. kyk maar na jou skoolboelie.

CHARMAINE WALL ·

DIS ABSOLUUT SO HARTSEER EN ONAANVAARBARE GEDRAG.STERKTE AAN DIE FAMILIE WAT HULLE KIND VERLOOR HET.GEWELD MAAK NIKS REG!

Karma ·

Foeitog, en nou gaan hulle onder die (slapsagte) Kinderwet verhoor word. Vandag nog uit aanhouding gelaat ‘in sorg van hul ouers’ . En ‘n paar maande later weer in die hof om ‘n tikkie op die hand te kry en te sê “Moet-nou-nie-weer-nie!” en word dan na ‘n jeug korrektiewe sentrum gestuur, waar hulle nóg groter kriminele raak! Ek sê: foeter hulle ordentlik, stig werkerskampe en stuur hulle soontoe, sodat hulle moet werk vir hul klere, kos en slaapplek. Basta met sagte strawwe en korrektiewe optrede/sielkundige behandeling en “life-coaching”. As hulle grootmens-dinge wil doen, moet hulle soos wederegtelik-optredende grootmense behander word. VAT JOU STRAF EN KRY KLAAR DAARMEE!!!

Marianne ·

SO OKAY DIE DOODSTRAF IS WEG – S.A.P.S. LYFSTRAF IS WEG – Die moderne kind word gestraf met Time out of No more games….
Watter ruglyne het daardie drie tieners ontvang???? GEEN. Dus pleeg hulle ‘n moord…. Na 6 tot 10 jaar in Juvi Kom hulle uit….
Verwerp deur die SAMELEWING. Waarheen gaan hulle? Terug tronk toe!!!
Dit is so so bitter hartseer!
Kinders moet oudtydse waardes geleer word. Waar is hul ouers???

Denise ·

Dit is die ouers se plig om die kind op te voed of jy nou ryk of arm is jy het n verantwoordelikheid teenoor jouself en die kind!!! Sterkte aan die ouers van die seun dit is harseer !!! TE VEEL geweld in ons land en almal moor dan so maklik !!!!

Topster ·

Dis reg die ouers gee die opvoeding en as die grondslag van dit reg is sal sulke gedrag tien teen een nie gebeur nie alhoewel daar uitsonderings is maar die jeug kry nie die regte opvoeding nie en het beslis te veel regte en te min pligte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.