Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte is omstreeks 20:00 Woensdagaand naby die treinstasie in Worcester aangeval en beroof. “Die verdagtes het die beampte met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesteek voordat hulle met sy skootrekenaar en ʼn tweerigtingradio gevlug het.”
Volgens Rwexana is drie verdagtes, onderskeidelik 18, 24 en 31 jaar oud, in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Een van die verdagtes sal van roof met verswarende omstandighede aangekla word terwyl die ander twee verdagtes van die besit van gesteelde goedere aangekla sal word.”
Die verdagtes sal Donderdag in die Worcester-landdroshof verskyn.
Hoekom lei hulle polisie nie die polisie in die res van die land op nie? Dan sal die HELE LAND se polisie hulle werk behoorlik kan doen, want die res van ons land se polisie lyk onkapabel!!!