Driejarige se liggaam in bos gevind

Waarskuwing: Die inhoud van hierdie berig kan sommige lesers ontstel.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

’n Driejarige seuntjie van die Oos-Kaap is Dinsdag wreed vermoor – vermoedelik deur sy ma se kêrel.

Die polisie het die seuntjie, Sinobom Tywantsi, se liggaam in die omgewing van die Bhongweni- informele nedersetting tussen bosse aangetref en ’n 37-jarige man op die toneel in hegtenis geneem.

ʼn Bebloede mes is ook op die toneel gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het die kind omstreeks 15:30 by sy ma se huis gaan haal waar die kleuter saam met ander kinders gespeel het.

“Hy het die kind na ʼn bebosde gebied geneem en vermoedelik sy keel afgesny. Lede van die gemeenskap wat gesien het hoe hy die kind die bosse inneem, het die polisie ontbied, wat die verdagte by die kind gevang het.

“Die motief vir die moord is na bewering ʼn geskil oor vaderskap.”

Die man is op die toneel in hegtenis geneem en word nou van moord aangekla.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper ·

Hoekom die kind vermoor,hy verstaan nie eers hoekom hy moes boet vir die ouers se geskille nie.Rus sag liewe seuntjie by Jesus.Nou het jy Engel vriende en is jy ontslae van die wrede wêreld waarin jy moes groot word.

Elize ·

En weer gaan hierdie gemors niks oorkom nie. Tikkie op die vingers en weer vry in die gemeenskap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.