Driejarige skok dood in PE

(Argieffoto:
Unsplash)

ʼn Driejarige meisie het Woensdag doodgeskok toe sy en haar sussie in hul bure se erf gespeel het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 15:50 in Kwazakele in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind. “Die meisie, Khazima Dweni, het ʼn elektriese draad, ʼn onwettige verbinding tussen bure, opgetel wat op die grond gelê het. Sy het doodgeskok.”

Sy is op die toneel dood verklaar deur paramedici. Haar gesin het die draad ontkoppel.

“Die polisie waarsku huis-eienaars/huurders om nie op hul eie enige onwettige verbindings te maak aan munisipale kragnetwerke nie. Dit is ʼn baie gevaarlike praktyk – nie net vir die mense wat die verbinding maak nie, maar ook onskuldige mense soos dié driejarige wat gesterf het weens onveilige onwettige verbindings.”

Die Kwazakele-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Nou ja, dit is die gevolg van die krag stelery. Die regering laat dit mos toe. Nou gaan onskuldige kinders dood agv die regering se argeloosheid.

Pietertjie ·

Maar geen sprake van ‘n ondersoek na die onwettige krag-verbindings nie.

Rolo ·

Daar moet n saak teen hulle gemaak word vir strafbare manslag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.