Duisende entstofdosisse in Gauteng vermors

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Gautengse regering het verklap dat altesame 3 636 dosisse van die entstof teen Covid-19 reeds in dié provinsie vermors is.

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het onlangs in antwoord op ’n vraag van die DA bekend gemaak dat 191 flessies met Pfizer se Covid-19-entstof en 498 flessies met Johnson & Johnson se entstof vermors is.

Dié flessies beskik onderskeidelik oor ses en vyf entstofdosisse elk.

Volgens die LUR is sommige flessies oopgemaak sonder dat daar mense beskikbaar was om die dosisse te ontvang terwyl sommige dosisse weens kragonderbrekings bederf is.

Sommige van die dosisse het ook bloot verval voordat dit toegedien kon word.

Die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi. (Foto: Twitter)

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid, het dié onthulling as “teleurstellend” bestempel en van die geleentheidheid gebruik gemaak om daarop te wys dat die provinsie se entstofprogram stadiger as dié van ander provinsies vorder.

Slegs 29% van volwassenes in Gauteng is in dié stadium ten volle teen Covid-19 ingeënt vergeleke met die 40% of meer in die Wes-Kaap, Vrystaat en Limpopo en 34% van Suid-Afrikaners in geheel.

Slegs 3,3 miljoen mense in Gauteng is ten volle ingeënt vergeleke met die teiken van 10 miljoen.

Die DA glo die provinsiale wetgewer behoort eerder oningeënte Gautengers ouer as 50 jaar aan te spoor om ingeënt te word as om op tieners te fokus.

“Alle pogings moet aangewend word om ouer mense te bereik, aangesien hulle meer geneig is om in die hospitaal te beland of weens Covid-19 te sterf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Niks snaaks nie die land sit met n regering waar van negentig persent van die menisters net graad een het.

Pieter ·

Dink nie dit is net die skole se skuld nie. Education does not make man…
Dink dis eerder ‘n kwessie van Spoed / Ywer. Hulle was te stadig soos gewoonlik… Niks word mos met ywer gedoen nie… Ons sit en gesels met makaar, ons naels is so lank dat ons nie behoorlik kan tik nie. Ons kom laat vir werk. As daar moet geloop word dan word voette gesleep…

Daar is reeds nie werk nie, en die meerderheid wat werk, wil nie uintlik nie… Dis maar net een van die probleme. Ek noem nie sisteme en prosesse nie want dit sal slegs werk as jy die mense verwyder (en in SA sal hulle eerder die employment rate beter maak as om die regte mense te kry) of as jy hulle volle samewerking het.

Fritz ·

Die wat in inenting belangstel, het dit alreeds gekry. Die wat nie daarin belangstel nie……wel……hulle stel nie daarin belang nie. So die inentings besigheid het so min of meer versadigingspunt bereik. Sê maar koebaai vir die 70%.

Jacobus ·

Mens moet meer bekommerd wees as van entstof ge-“recyc!e” is!

Sarel ·

Wie moet ons bedank…..Kragonderbrekings..Eskom?
Munisipaliteite…
Wie maak oop indien jy dit nie gaan gebruik nie
Hoeveel van die wst verval was in store sois o.a.due Weermag
Wie gaan vir ons antwoord kry..miskien vur Julies vra wsnt die DA bting nooit antwoirde nie

Jedi Knight ·

Ek sal graag Jack se redes wil hoor oor hoekom mense moet inent. Alle oningeëntes het teen hierdie tyd al tot vervelens toe gehoor hoekom inentings die beste ding naas gesnyde brood is.

Karel Kobus Kruger ·

Nog net 34% ingeënt? Dit smaak my ‘n hogere persoon moet weer ‘n meningstuk op MM neerpen oor die vele voordele van inenting. Dit lyk nie asof die vorige skrywes hond haar-af gemaak het nie. :):)

petro ·

ja ek sien jy kan nou n foon wen by FNB as jy ten volle gejab is hulle kan maar hulle foon hou sal my eie koop

Keith ·

And they insist we all get vaccinated. How do they know whats “vrot” and whats not ?
Dankie maar ….Nie vir my nie !

Landras ·

Sjoe mens kan sien julle is oningelig – kom werk asb vir een week in ‘n fasiliteit wat inentings doen en kyk hoeveel keer die yskas temp en hoeveelhede elke dag via tablets op spesiale apps rapporteer moet word . Ek nooi julle ! Miskien neem julle ook impulsief ‘n besluit om gespuit te word – soos Baie van ons kliënte – bring net jou ID saam , die ander hoefnie te weet nie – lag !

Karel Kobus Kruger ·

Hiermee aanvaar ek met graagte jou uitnodiging. Gee asb. jou adres sodat ek jou kan besoek. Vele dank.

Tiptol ·

Duidelik werk jy daarmee, Landras, die afduimpies verstaan ek glad nie.

Carolina ·

Ek is ongelukkig vir jou baie ingelig en Sal nooit gaan vir enige spuit nie

Waarnemer ·

Dink net hoeveel duisende lewens is deur hierdie vermorste entstowwe gered…..te veel getuienis het al uitgekom dat mense gesterf het dae nadat hulle die entstof ontvang het.

Papsak ·

Ja gooi sommer alle entstof weg mooi man ek wil kots as ek net entstof hoor want jy het mos nie meer jou menseregte nie want die klomp wil jou gwing en wys hulle is baas my hond het n baas niemand vors my om te vat wat ek niewil he nie hou verby

Janee ·

En hoeveel moontlike inspuitings is (per abuis) gegee na vervaldatum?

thejudge ·

Moenie die regering, Eskom, die Weermag, KFC of wat ookal blameer nie. Blameer oningeligte arrogante antivaxxers wat nie WIL inent nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.