Duisende visse vrek aan Noordkus ná chemiese storting

Talle visvrektes is die afgelope paar dae aangemeld. (Foto: Ben Carnie/Facebook)

Inwoners en besoekers aan KwaZulu-Natal se Noordkus is gemaan om nie dooie mariene lewe langs die kus van Umdloti en Umhlanga bymekaar te maak nie.

Luidens ʼn verklaring van die eThekwini-munisipaliteit is die visse moontlik met giftige chemikalieë besmet wat skadelik vir mense kan wees.

Duisende visse en ander seediere het langs die kus begin uitspoel nadat giftige stowwe glo in die see beland het toe plunderaars die afgelope week verskeie plekke aan die brand gesteek het.

Giftige stowwe het glo in die see beland nadat ‘n chemikalieëfabriek in die afgelope week se oproer aan die brand gesteek is. (Foto: Carol Booth/Facebook)

“Die visvrektes volg op ʼn giftige chemiese storting in die Umhlanga-riviermond nadat ʼn chemikaliepakhuis tydens die afgelope week se oproer afgebrand is.

“Die strande noord van die Umgenirivier is as voorsorgmaatreël gesluit,” sê die munisipaliteit.

Alle ontspanningsbedrywighede is opgeskort, ook hengel en branderry, en die bymekaarmaak van aas en optel van dooie spesies word verbied.

Duisende seediere en visse het gevrek. (Foto: Carol Booth/Facebook)

“ʼn Spesialis- chemiese opruimingsmaatskappy is aangestel om die storting skoon te maak en enige besmetting, ook mariene lewe, te verwyder. Spesiale skoonmaakspanne is op die toneel om die versameling van dooie mariene lewe en voëls te hanteer en op ʼn verantwoordelike manier daarvan ontslae te raak.”

Die owerhede hou die gebied fyn dop om die omvang en uitwerking van die storting te bepaal.

Tot dusver het dooie visse nog net in die Umhlanga-riviermond en strandgebied en op die Umdloti-strand uitgespoel.

Die munisipaliteit sê gegrond op die spesialisraad wat hy ingewin het, word die riviermond oopgehou om die besmetting in die strandmeer te help verdun.

  • Enige verdere besmetting of visvrektes kan by Spill Tech by 083 253 6618 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Stephen ·

Ek wonder net wat gaan die owerhede doen as hulle die situasie klaar “fyn dopgehou” het.
So moeg vir die nuttelose regering.

Francois ·

Wie gaan vir al die gemors betaal. CR, CELLE en ANC?. Nee hulle gaan ons belasting betalers net meer melk

DEON ·

Maklik, die hele S.A regering is onbevoeg om die land te bestuur.

E ·

Niks en niemand word deur hulle ontsien nie. Wat het hulle by ‘n chemikaliee fabriek gesoek. Gaan hulle chlorine drink? Ons regering kan nie eers hulle eie inwoners beheer nie. Wat gaan hulle doen met ISIS en daai kalante? Meeste krininele wat gesoek word kruip in “plain sight” weg. Nou en dan word dit nou gejuig gemaak as een gevang word.

annie ·

Die afgelope week dien as die beste voorbeeld ooit van die spreekwoord: Om jouself in die voet te skiet.

LeanetteS ·

En daar het ons dit… ANC vernietig nie net, mense, geboue, maar ook diere lewe!! SIEK!!!

Toy ·

Hulle moet ophou om net dop te hou, begin dadelik iets doen daaraan. Dit is ‘n tragedie. Sit en staan kom niks gedaan, maak plan.

Bart-Man ·

Kommerwekkend hoe so n sporadiese voorval se nagevolge so wyd en diep verspreid is.

Elize ·

Hierdie kaders het wonderlike sig want alles word altyd fyn dopgehou. Ons wat bril dra moet raad gaan vra hoe hulle dit doen dan kan ons die bril sommer neersit. Hulle is en sal altyd onbevoeg wees om enigiets in sukses te verander. Hulle glo aan “me, myself and I”. Solank my pens vol is voel ek vere vir die volgende drommel

Belinda ·

Ai en so loop alles nou deur agv die plundery. Dis baie hartseer om te sien hoe hierdie eens pragtige land nou tot niet gaan..

Astrain ·

Hierdie is skokkend en behoort onder die aandag van van Greenpeace of WWW gebring te word. Dis onaanvaarbaar op elke vlak van bewaring!!!

marius ·

Geen woord van Greasy nie . Gaan waag hierdie dinge in Sjina , dan word julle soos vliee afgemaai , of jy ‘n blink kar ry of kaalpoot loop . maak nie saak nie .

loddertjie ·

Dis om van stuipe te kry, om dit liggies uit te druk!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.