‘Dwelmmuil’ by King Shaka-lughawe voorgekeer

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

ʼn 52-jarige verdagte is oor die naweek by die King Shaka- internasionale lughawe in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem toe kokaïne in sy besit gevind is.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê lede van die Valke se eenheid in Durban, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, het saam met misdaadintelligensie en King Shaka-misdaadvoorkoming gewerk.

“Misdaadintelligensie het ʼn wenk ontvang oor ʼn verdagte wat van Johannesburg na Durban op pad was. Die verdagte is Saterdag by die lughawe opgespoor voor hy op ʼn vlug na die Filippyne vertrek het.”

Sy bagasie is deursoek en beamptes het beslag gelê op 6,38 kg kokaïne met ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R2,2 miljoen. Hy is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van dwelmhandel en die besit van dwelmmiddels. Hy sal binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Moes hom gelos het laat hy gaan en saar gevang word. Hier gaan hy oor paar dae weer los wees. Daar sou hy lank gesit het!!

Waarnemer ·

Plaas hom oor na Sri Lanka of fie Seychelles toe vir aanklag om dwelms te smokkel….gewaarbotgde doodstraf of lewenslange gevangenis straf….sonder die kans van parool.

Deidré ·

Hulle is nie gepla as hulle gevang word nie, want daai snert is klaar hier, hulle het ook klaar iemand binne om daai “bewyse stukke” nou net na die volgende afset punt te vat en op die straat te kry..

Christine ·

Dit is tragies dat mense in ons land gedwing word om dwelm muile te word om ‘n bestaan te maak.’ n Man oor 50 jaar oud is beslis nie meer ‘n onkundige jongmens nie, en ek glo dis desperaatheid wat hulle dwing om so-iets te doen. Tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.