ʼn Eenjarige seuntjie is Sondagoggend in Constantia in die Wes-Kaap dood toe ʼn motor hom in ʼn oprit by ʼn huis getref het.
“Paramedici van ER24 is net na 09:00 na die toneel ontbied,” het ER24 in ʼn verklaring gesê. “Op pad na die toneel het ʼn motor die paramedici voorgekeer met die kind by die gesin in die motor. Die gesin en ʼn dokter, ʼn vriend van die familie, het reeds met KPR begin en was reeds met hom op pad hospitaal toe.” Paramedici het die poging voortgesit en met die kind na die Mediclinic Constantiaberg gehaas.
Die seuntjie is ongelukkig met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die kind het vermoedelik agter ʼn motor gestaan toe die bestuurder agteruit begin ry het. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
In sekondes kan so iets gebeur. Al my meegevoel vir die familie..
dit is baie baie tragies en my innige meegevoel vir die gesin dit is my ergste vrees denkbaar en ekself maak trippel seker daar is nie kleintjies agter my as ek wil ry nie , ek dink die bestuurder voel die slegste en ouers met kleintjies moet seker maak waar hulle kinders is voordat hulle gaste ry – dit gebeur in ‘n oorwink
As so iets met my moet gebeur raak ek van my kop af!
So iets gebeur so vinnig. Kleintjies kan in ‘n oogwink onder die oog uit verdwyn, hulle is soos blits. Ek het groot simpatie met die familie en veral ook met die bestuurder van die voertuig.
RIV kleinding!