Egpaar wreed op kleinhoewe aangerand

Die 66-jarige man is wreed met ’n stomp voorwerp bygedam. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar van ʼn kleinhoewe by Vanderbijlpark is die naweek wreed in hul huis aangeval en beroof.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, sê drie aanvallers het die egpaar se huis op ʼn kleinhoewe in Theoville Saterdag tussen 01:00 en 02:00 binnegekom en albei erg aangerand, maar veral die 66-jarige man het kwaai deurgeloop toe die drie hom met ʼn stomp voorwerp geslaan het. Sy vrou (58) is ook beseer.

Die rowers het twee selfone en ʼn pistool geneem en met die egpaar se motor gevlug. Die man kon nie ʼn beskrywing van die verdagtes gee nie aangesien dit donker was en hy nie sy bril opgehad het nie.

Volgens Marius Müller, AfriForum se nasionale operasionele koördineerder, het die drie aanvallers nie ver met die motor gevorder nie, want die voertuig en die vuurwapen is sowat 100 m van die huis af gevind.

Mense van omliggende kleinhoewes en lede van die Rusticana buurtwag en reaksiegroep het die omgewing gefynkam, maar kon geen verdagtes tydens hul soektog opspoor nie. Müller sê paramedici van ER24 het die egpaar intussen na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Andre ·

Hulle gaan vir mense wat wapens het, baie duidelik bende bedrywighede.

Blikke ·

Ja nee dis presies soos ek gedink het….VERSEKER SLEGS HUISBRAAK!!!!! …..wat anders kan dit dan tog wees?

wonder ·

Ja nee.. POGING TOT MOORD MENSE SKRIK WAKKER> VERDEDIG JULLE SELF TEEN ALLEMAG!!!!!!!!!! F……. DIE RES!!!!!!!!!

leser ·

wanneer gaan die polisie besef dis nie net ‘n geval van huisbraak alleen nie, dit gaan oor doodmaak, so ‘n klagte van poging tot moord moet daarby aangeheg word

waarheid ·

Alweer verkeerd – NIE Huisbraak nie – poging tot moord – die huisbraak is maar net ‘n bysaak.
Ja ramapaddapot – verbeel ons ons of het dit regtig gebeur?

ctd ·

Die misdaad hou nie op nie en die regering is baie teverde met hulle self belaglik . Die prys wat hulle( die regerinde party) eendag gaan betaal gaan vreeslik wees.

Gert ·

Nog ‘n misdaad onderskryf deur die Ramabende en Rooi-brigade.

Penellope Jones ·

Aangesien die regerende party so stil en in ontkenning is wanneer dit by hierdie aanrandings en moorde kom, is dit maar net nog een op hulle boek.

Noellene ·

En wat is u kommentaar hierop mnr die President van die nuwe suid-afrika ?

TLC ·

Soveel hoop gehad toe Trump ondersoek instel op moorde en aanvalle
Nou verstaan ek beter hkm so baie kommetare gevra het “wat kan hy doen”
Niks en so ook Australia ?
Damn ons moet op ons knieë kruip mense
Want net GOD alleen sal weet

Johanna Botha ·

Wat die polisie betref hoor ek vandag dat n oud apla of MK wat is die polisie n sersant is nou n Generaaal gaan wees ….die mense moet nou ons veiligheid verseker ????…. berge val op ons ! !

M ·

Afriforum was nie daar nie. Hulle woordvoerder probeer blykbaar die indruk skep dat hulle oral betrokke is en help. Toe nou nie.

Willem Grobler ·

O ja M!? Afriforum doen ten minste iets. Wat presies doen jy behalwe om snedige aanmerkings te skryf??

Cherokee ·

Meer mense as slegs Willem Grobler wag op jou antwoord, M.

M ·

Willem Grobler. Ek was wel daar, net na dit gebeur het om die goed te probeer vang. En tot na die polisie weg is. Geen Afriforum. Van die ander details in die berig is ook verkeerd. Laat mens nogal wonder hoe akkuraat Maroela se ander berigte is.

M ·

Ek was een van die eerste mense op die toneel. En ek is eers daar weg na die laaste polisieman. Afriforum was nie daar nie. Hulle praat nonsens.

Schalk ·

Ek het vandag n beampte polisie gesien as hierdie persoon 25 meter moet vinnig loop vrek dit,want die een is 60kg oorgewig As ek aan die 100 meter wil deelneem moet ek kwalifiseer.Sekerlik as ek in diens van sap wil wees moet ek darem 50 meter vinnig kan loop SKANDE.

Hol in a day's work. ·

@Schalk, Voorheen moes die polisie kon hol. Nou is hulle net hol.

Piet ·

Ek wil telkens ‘n kat skiet as ek hoor “n saak van huisbraak word ondersoek”. Waarom se hulle nie eerder “niks gaan aan die saak gedoen word nie”. Dan kry jy nog na elke berig een of 2 persone at kastig glo dat almal presies die selfde behandel word deur hulle rassistiese ANC regering.

M ·

Willem Grobler. Ek was daar vanaf net na die voorval tot na die laaste polisieman weg is. Afriforum was nie daar nie.

Con Dompi ·

Ons moet ophou sing: “Ons sal lewe, ons sal STERWE”. Sing eerder: “Ons sal lewe, ons sal LEWE”. Ons moet begin om LEWE oor onsself uit te spreek mense.
Tel iemand ooit hoeveel taxi-ongeluk padsterftes daar die afgelope paar maande was? Tientalle. Vanaand weer 6 dood. Malema, “You live by the sword, you die by the sword”. “Your people die violent deaths on our roads, about 10 for every farmer attacked or killed”. Sal iemand dit vir hom sê? Hopelik hou hy dan op met sy haatsprake teenoor ons boere.

Staak saam ·

Con die ding van lewe spreuk is belaglim, as jy regtig dink dat die sondige mens lewe kan spreuk dan lees jy die verkeerde Bybel.

God alleen spreuk lewe tot in wording, nerens in die Bybel het die sondige mens ooit lewe gespreuk nie, jy is nie n skepende wese soos ons heilige God nie, moenie daai dreg verkondig nie.
Die mens is nie n god nie en hy staan ook nie gelyk aan onse Skepper nie.
Wys my waat het ny lewe gespreuk en lewe voort gebring.

Belaglik!

Con Dompi ·

Ek gee jou gelyk, Staak saam. Moet almal wat dan lustig saamsing: “ons sal sterwe”, wat te kenne gee dat hulle vir Suid-Afrika sal sterwe, dan net nie so ontsteld wees as dit wel gebeur nie.

wena ·

Net n vraag, moet my nie kruisig nie, wat doen die ander partye , waarvoor ons veronderstel is om voor te stem , hieraan, die DA ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.