Eiendom beskadig: ‘Dis boewery’ sê minister

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê studente, wat universiteitseiendom beskadig, is skuldig aan boewery.

Nzimande het Vrydag, tydens die Moses Mabhida-lesing in Pietermaritzburg, ʼn beroep op studente se ouers gedoen om hul kinders in toom te hou.

“Ek het by die Pietermaritzburg-kampus [van die Universiteit van KwaZulu-Natal] studeer en as oudstudent pynig dit my om te sien vandalistiese dade word gepleeg in die naam van studentebetogings, terwyl ons net pure boewery sien.”

Nzimande het gesê hoewel hy die betogings verwelkom, laat die vandalisme vrae ontstaan oor wat ʼn eerbare doel is. Volgens Nzimande moet diegene, wat verantwoordelik is vir die beskadiging van eiendom, voor stok gekry word.

Elf studente het Vrydag vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn, nadat hulle Donderdag in hegtenis geneem is tydens onluste op die kampus. “Dit is onder my aandag gebring studente moet nog sewe dae in polisie aanhouding bly en hopelik sal dit hulle laat bykom. Dit maak nie sin om te staak terwyl die eksamen om die draai is nie.”

Nzimande het ʼn beroep op ander studente gedoen om op te staan teen individue wat nie belangstel in hul toekoms nie. “Waar is die werkers en waar is die ouers wanneer hul kinders so optree?”

Hy het versoek die kommissie van ondersoek na hoër onderwys moet tyd gegun word om hul werk af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stephen

ek wonder hoeveel is wel ingeskrewe studente . Skors skuldiges lewenslank van enige universiteit

Boela

Nee, meneer die minister, dit is terrorisme – presies dieselfde as wat jy en jou meelopers tydens die vorige bedeling gepleeg het.

Dup du Plessis

…..het dit al vroer genoem, skep aanlyn kursusse vir studente wat nie gelde aan universiteite wil betaal nie. Dit kan teen minimale kostes gedoen word. Dan is daar geen geboue wat afgebrand/gebreek kan word nie. Daar is dan ook geen probleme t.o.v. verblyf, etes ens. nie. Rekenaar programme kan die aanbiedings doen ( dalk nog met die moontlikheid van verskillende taalkeuses en sommer ‘n kleurkeuse vir die geanimeerde aanbieder om “ras” ook uit die aanbieding te haal). Eksamens en toetse sal dalk net op bepaalde punte gedoen moet word om eerbaarheid en verdienste te bevestig……. Dis die enigste manier vir… Lees meer »

Veritas

Jy is ‘n mooi een om te praat ou Lem. Julle het die gepeupel aangehits tot geweld om die land onregeerbaar te maak en noudat die skoen aan die ander voet sit, is dit kwansuis nie meer reg nie. Julle is direk aandadig aan die boewery en onopgevoede manier waarop almal deesdae hul mening wil lug. Indien ‘Blade’ ‘n bynaam is, kan ek maar net dink waar dit vandaan kom. Nee-wat ou perd, die spreekwoord is waar: ‘Die wat lewe deur die swaard sal ook sterwe deur die swaard’.

PMB

Ek stem saam met jou Blade dit is boewery maar dit is deur julle begin voor die verkiesings om stemme te wen. Julle is die eintlik skuldiges! Verder stem ek saam sluit die boewe toe sonder enige borg. Die boewe is waar hulle hoort.