Eskom mag optree teen Emfuleni oor skuld           

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Eskom mag ingevolge ʼn hofbevel deur die Pretoriase hooggeregshof voortgaan met stappe om R1,3 miljard se uitstaande skuld van die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit in te vorder.

Die kragvoorsiener het reeds met die uitvoering van die bevel teen dié munisipaliteit begin, onder meer beslaglegging op die plaaslike munisipaliteit se bankrekeninge en roerende bates.

Die munisipaliteit is tans R5,3 miljard aan Eskom verskuldig – dít ten spyte van verskeie litigasies deur Eskom sedert 2018 om dié skuld te delg.

Luidens ʼn verklaring wat Maandag deur Eskom uitgereik is, het die munisipaliteit ook ʼn gesonde inkomste-invorderingskoers van 90% onder sy klante, maar het Emfuleni desondanks steeds nie ʼn gedeelte daarvan aan Eskom betaal nie.

Eskom het verder ʼn dagvaarding van R3,5 miljard op die munisipaliteit beteken vir die nie-betaling van grootmaat kragvoorsiening. Emfuleni het glo tot op hede nog geen verweerskrif ingedien oor waarom die geld nie betaal is nie.

Dit het daartoe gelei dat Eskom en van die munisipaliteit se klante die hof gevra het om die munisipaliteit se kragverspreidingslisensie ten volle of gedeeltelik na Eskom oor te dra.

Dié aansoek sal in Maart volgende jaar aangehoor word en ʼn presedent skep wat betref munisipaliteite wat nie hul skuld aan Eskom delg en aan kragvoorsieningsooreenkomste (ESA) gehoor gee nie.

“Eskom gee gehoor aan kragvoorsieningsooreenkomste wat deur albei partye onderteken is, deur die plaaslike regering van krag te voorsien om sy pligte teenoor klante na te kom,” het Eskom in hul verklaring gesê.

“Die uitstaande skuld het ʼn negatiewe uitwerking op Eskom se likiditeit, finansiële prestasie en volhoubaarheid, en laat die openbare entiteit met geen ander keuse as om geld te leen om sy finansiële verantwoordelikhede na te kom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frank ·

Eintlik behoort dit krimineel en as sodanig hanteer te word as hulle geld invorder vir elektrisiteit maar dan nie oorbetaal aan Eskom nie. Hoog tyd dat die algemene reg in daardie rigting begin beweeg.

koos ·

Natuurlik – dit is waar die meeste van “our people” bly. Maar ek deel jou ontsteltenis, wys net weer watter rassiste sit in die Uniegeboue.

marius ·

Jul geld loop in ontwerpers klere en ry in miljoene se spog waens rond en jul weet dit .

Casper ·

Is daar 1 munisipaliteit wat nie geld aan eskom verskuldig is nie.Hoekom betaal munisipaliteite nie die geld oor wat hulle invorder nie,dit geld water en sanitasie ook.

Kokerboom ·

Ek stem Henk tov Soweto.
Eskom die bates behoort aan die belastingbetalende inwoners!! Tree die ANC gemors aan wat die probleem veroorsaak het. Hoekom nie lankal opgetree?Wat het van geld geword? Sluit kaders toe!

My siening ·

Soweto is kaders!, daar is n klein groep nie kaders wat moet opdok!

Korrelkop ·

Verander die streek se naam terug na wat dit was en kry die kriminele uit die bestuurs posisies, dalk sal daar dan iets gebeur.

Yvonne ·

Enige mens met gesonde verstand kan dink geen besigheid kan so bedryf word nie …….gierigheid , astronomiese salarisse etc

Lurock ·

Eskom, moet om hemelsnaam nie die krag af sit nie. Ek as verbruiker betaal my rekening betyds en ten volle, maar die hogere manne verkwis die geld. So asseblief neem die Uitvoerende Burgermeeste saam met die Munisipale Bestuurder inhegtenis, verwyder hulle uit hulle poste, bevries hulle bank rekeninge, doen beslaglegging op hulle roerende en vaste bates en gebruik daai geld om die skuld te delg. Nie totdat daar gevolge is vir korrupsie nie, sal niks onder hierdie kader regering verander nie. Ek sê maar net.

Elizabeth ·

As eskom maar net weet .EMFULENI PAS MOOIT BEURT KRAG TOE NIE .
Daar word die tye vir mense deurgestuur van wanneer tot wanneer maar Falcon Ridge Sonlandoark Arconpark en Unistaspark kry nooit loadshedding nie . Hulle stasies is in so toestand ek wonder of hulle gereedskap het om krag aan en af te sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.