Flink reaksie fnuik inbraak op plaas

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Bende inbrekers se planne is Saterdagaand gefnuik toe hulp enkele minute ná hul aankoms op ʼn plaas in die Paarl-omgewing opgedaag het.

Volgens die Drakenstein-plaaswag het ʼn groep mense Saterdag om 21:50 deur ʼn venster van ʼn plaashuis in Sonstraalweg probeer inbreek. Die inwoners van dié plaas was egter op hul hoede en is aktiewe lede van die plaaswag.

“Die inwoners is aan die Drakenstein-plaaswag se noodbeheernetwerk gekoppel en het hulp ontbied. Binne vier minute was vyf lede van die plaaswag en twee gewapende reaksiespanne van Fidelity ADT op die perseel om die eiendom te beveilig,” lui die plaaswag se verklaring.

Die spanne het die verdagtes agternagesit, maar hulle het inhegtenisneming ontduik.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“Die boodskap was nietemin duidelik: Daar moenie met plase en ondernemings wat verbonde is aan die plaaswag gesukkel word nie.”

Die Drakenstein-plaaswag sê kabeldiefstal en misdaad oor die algemeen wek groot kommer in die gebied. Dit blyk ook dat veral landelike gemeenskappe steeds erg afhanklik is van private veiligheidsmaatskappye “om die gebied betreklik veilig te hou”.

Die plaaswag werk al jare lank saam met Fidelity om inwoners van die Paarl- en Wellington-omgewing te beveilig.

“Baie lewens wat gered is en huise en plase waar skade voorkom is, is die gevolg van private inisiatiewe,” sê die organisasie.

“ʼn Samelewing wat homself kan verdedig, ʼn duidelike en daadwerklike standpunt teen misdaad en onreg inneem, en enige soort morele verval veroordeel, is ʼn gesonde en suksesvolle samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Great. Laat die swernote die res van hulle bendes gaan vertel dat die plase en boere toe nou nie almal sagte teikens is nie. Volgende keer hoop ek daars n paar n paar voorbeelde wat bly lê as voorbeeld van wat gebeur as jy in bendes onskuldige mense aanval.

Niklaas ·

Jammer dat die inbrekers weggekom het. Hul sal beslis nie hierdie dinge staak nie.

Manie ·

Hoe is dit moontlik dat plaasaanvallers so maklik wegkom, is hulle beter opgelei as die polisie en sekuriteits firmas?

Harley Davidson ·

Hulle moet beter as die polisie wees dit is ‘n feit want die klomp in blou is so swak opgelei jy kan dit nie eers opleiding noem nie maar ek dink sekere sekuriteits lede is goed opgelei om hulle werk te doen.

Lourens CFG ·

Onthou, op ‘n plaas, in die donker is dit maklik om weg te kruip, daar is nie straat ligte nie.
As dit donker maan is kan jy minder as 3-5M rondom jou sien.

domheks ·

Jamme daar is nie ‘n paar inhegtenis geneem of gewond nie!

Toy ·

Dit is fantastiese, so bly ek wens hulle kry ‘n kramp wanneer hulle net daaraan dink om so iets te gaan doen. Hulle beteken niks vir die land nie.

Harley Davidson ·

Uitstekend,dit is hoekom ek altyd se die komando stelsel het gewerk en moet weer ingestel word sonder die patetiese regering se toestemming of hulp.

Busy Body ·

Dankbaar die familie is veilig maar teleurstellend dat soveel hulp die inbrekers laat wegkom het.

Elize ·

“ʼn Samelewing wat homself kan verdedig, ʼn duidelike en daadwerklike standpunt teen misdaad en onreg inneem, en enige soort morele verval veroordeel, is ʼn gesonde en suksesvolle samelewing.”
Wonderlike ware feite. Kwaad moet dadelik uitgeroei word voordat dit versprei.

Jack ·

Wat help dit alles as die swartsakke leeg terugkom en die skelms net toeslaan op n ander plaas op n ander geleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.