Foto’s: Bolandse plaashuis brand af

Brandbestryders Maandagaand op die plaas Elohim. (Foto: Drakenstein-plaaswag/Facebook)

Bolandse brandbestryders en boere het hulle vandeesweek na ’n plaas in die omgewing van die Paarl gehaas nadat daar ’n brand by die plaashuis ontstaan het. Sowat 80% van die eiendom is egter eindelik in puin gelê.

Die Drakenstein-plaaswag sê ’n boer het Maandag ná 20:00 ’n boodskap op Whatsapp geplaas waarin hy om hulp gevra het. Brandbestryders sowel as boere van omliggende plase het hulle na die plaas Elohim langs die R312 gehaas en hand bygesit om die vlamme te blus.

Groot skade is egter aan die plaashuis aangerig.

Volgens die Drakenstein-plaaswag is die oorsaak van die brand nie in dié stadium bekend nie.

“Ons bid vir die familie wat hul besittings verloor het,” lui ’n inskrywing op die plaaswag se Facebook-blad.

Die plaaswag doen nou ’n beroep op die publiek om ’n brand en al die nodige besonderhede, waaronder die presiese ligging en indien moontlik ’n foto, so gou moontlik aan te meld sodat brandbestryders so gou moontlik die ligging kan bepaal.

Brandbestryders Maandagaand op die plaas Elohim. (Foto: Drakenstein-plaaswag/Facebook)

Brandbestryders Maandagaand op die plaas Elohim. (Foto: Drakenstein-plaaswag/Facebook)

Brandbestryders Maandagaand op die plaas Elohim. (Foto: Drakenstein-plaaswag/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Seker weer brandstigting! Sekeres soek mos al die boere van die plase af. Indien dit wel die geval is lyk dit of hulle van een Provinsie na die ander toe beweeg. Tyd dat daar dringend ondersoek ingestel word na al hierdie brande. Wat die spul en die Regering nie besef nie is dat hulle EIE mense die swaarste gaan ly as daar ‘n tekort aan voedsel ontstaan. Regering stig te veel onnodige komitees om twak te ondersoek instede om dinge soos hierdie te ondersoek wat almal in die land gaan raak.

Blikkantien ·

Die regering gee nie ‘n blou duit om vir “sy” mense nie. Solank hulle haatlikheid vir wittes en veral ons boere kan hoogty vier.

Marcello ·

Wow , ek kan my nie voorstel hoe dit is om al jou besittings te sien opgaan in vlamme . Sterkte aan hierdie boer en sy gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.