Foto’s: Miljoene rande se kokaïen op vissersboot by Saldanha

Die vissersboot waarop daar toegeslaan is. (Foto: SAPD)

Tien verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandagaand op kokaïen ter waarde van nagenoeg R583 miljoen op ’n vissersboot aan die kus van Saldanha in die Wes-Kaap toegeslaan het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê speurders verbonde aan die dwelmafdeling van die Wes-Kaapse eenheid teen georganiseerde misdaad het gedurende die klopjag op 973 blokke saamgeperste kokaïen beslag gelê. Dié blokke is in drie kompartemente van die vissersboot gevind.

Tien verdagtes, vier mense van Bulgaarse afkoms en ses burgers van Mianmar, is in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Vredenburg verskyn op aanklag van dwelmhandel.

’n Ondersoek duur intussen voort om die oorsprong en bestemming van die besending dwelms te bepaal.

Potelwa sê die klopjag is ’n stap in die regte rigting in die polisie se pogings om dwelmhandel hok te slaan.

Die 973 blokke saamgeperste kokaïen waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Van die blokke saamgeperste kokaïen waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Van die blokke saamgeperste kokaïen waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Een van die blokke saamgeperste kokaïen waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Die vissersboot word deursoek. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louis ·

En hoeveel miljoene rande sin het nie al hier in sa ingekom nie.

AH ·

Elke bietjie wat wel verhoed word om versprei te word help ‘n bietjie……..

SomeOne ·

hulle vat ‘n ver hawe, nie gedink hulle sal daar ook deursoek word nie, hoeveel kilogram was dit, naastenby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.