[Foto’s] Minstens 19 dood in Westonaria-ongeluk

Ongeluk naby Westonaria op 29 November 2015 waartydens minstens 19 mense dood is Foto: ER24

Ongeluk naby Westonaria op 29 November 2015 waartydens minstens 19 mense dood is Foto: ER24

Minstens 19 persone is dood en vier het kritieke beserings opgedoen in ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn taxi op die R28 naby Westonaria in Gauteng.

“Die ongeluk het ongeveer 6 km buite Westonaria op die R28 in die rigting van Vereeniging plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici van ER24 en ander nooddienste het by die toneel opgedaag en dit was chaos. Pasiënte het dwarsoor die toneel gelê.”

Die bestuurder van die taxi het glo beheer verloor oor die voertuig en die vragmotor en die taxi het mekaar getref. “Die taxi het glo ʼn paar keer gerol voor dit aan die brand geslaan het. Persone is uit die voertuig geslinger,” het sy bygevoeg.

Die persone het veelvoudige beserings en brandwonde opgedoen.

“Drie persone, waaronder ʼn jong kind, wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.” Nog ʼn persoon wat kritiek beseer is, is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die vragmotorbestuurder, wat geringe beserings opgedoen het, is ook na ʼn hospitaal geneem.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in,” het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

13 Mense is sowat 1000kg. Daar was dus 1500kg in daardie taxi. Selfs 1300kg se massa wat op hulle eie beweegbaar is in die taxi kan by die geringste gedwonge afwyking van rigting ‘n momentum veroorsaak tesame met die voertuig se massa dat die bestuurder totale beheer verloor. Die totale massa is seker in die omgewing van 2500kg wat onbeheerbaar raak. Die R28 is ‘n smal pad in ‘n redelike toestand dog met op plekke ‘n ongelyke oppervlakte en net nie gebou vir die spoed wat ongeduldige motoriste ry. Wat ‘n hartseer tyd vir almal wat geraak word a.g.v. hierdie… Lees meer »

Anneliese

Dit is baie sleg. My simpatie met die naasbestaandes.

Genoeg

Waneer leer die insitendes dat n taxy net n sekere hoeveelheid mense kan hanteer. Kom ons leer die taxy bestuurders n lewensles deur slegs die oop sitplekke vol te maak, dan moet hy ry. Die oorblywendes klim asb n ander een

karina

Ek werk vir die Vervoer maatskappy wie se trok dit is. Die taxi se wiel het gebars en is kop aan kop teen die trok vas. Geen mens weet hoekom daar 23 mense in die taxi was nie want daar mag net 16 in wees

karina

En die ergste is almal gaan aan oor die mense wat hul lewens verloor het maar niemand dink aan daai man wat die trok bestuur het wat probeer uit swaai het om die ongeluk te probeer vermy nie. Hy is baie erg getraumartiseer en het oom seer gekry ons hoop dat die berading wat hy kry hom sal help. Want ek glo nie enige iemand wil so iets sien nie.