Foto’s: Minstens 4 beseer in grubotsing

Die ongelukstoneel. (Foto: ANA)

Die M4 buite Umhlanga in KwaZulu-Natal was vanoggend sowat twee uur lank gesluit weens ’n gru-botsing waarin verskeie voertuie betrokke was.

Die voorval het omstreeks 10:00 naby die Umhlanga-afrit plaasgevind en minstens vier mense is ernstig beseer.

“Drie voertuie het op die besige snelweg gebots,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, vanoggend gesê.

Volgens Jamieson was ʼn persoon in een van die motorwrakke vasgekeer. Terwyl paramedici besig was om die beseerde man in die wrak te stabiliseer, moes reddingswerkers spook om hom met meganiese toerusting te bevry.

ʼn Lugambulans is ontbied en die man is na die Lenmed Ethekweni-hospitaal-en-hartsentrum geneem vir verdere behandeling.

Drie ander insittendes van dieselfde motor het ernstige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle ook na hospitale in Durban gehaas is.

Dit is nie duidelik of die insittendes van die ander motors ernstig beseer is nie.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek, het Jamieson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Veer ·

Sjoe, as ek so na die wrakke kyk is dit ‘n wonderwerk dat niemand oorlede is nie.

Christien H ·

Ek stem. Seker het lugsakke ens goed gewerk. Lyk na nuwe model voertuie

Thinus ·

Jy weet duidelik nie hoe lyk n ongeluk op 120 nie. As dit spoed was, was die skade veel erger. Dit lyk eerder of die lot met die neus skade heeltemal te naby aan mekaar gery in n ding in wat te stadig op die snelweg ry. Stadige spoed op n pad bedoel vir vinnige spoed is net so gevaarlik indien nie meer nie.

Philip ·

Kan nie glo iemand is oorlede nie. Kan nie verstaan wat aangaan met hierdie vreeslike botsings nie. Dis genoeg dat die politiek ons pad duister maak maar dan die ongelukke, dis nag. Amerika se konsep werk met bestuur lisensies. In SA koop hulle mos die goed en die jong mense kan nie die vinnige motors hanteer nie. Bly ons maak vordering met die punte stelsel wat in werking gestel gaan word maar lyk my meestal vir uitstaande boetes. Sê maar net

Sperstreep ·

Dwelms , drank , spoed, aggressie, arrogansie, padwoede, selfone, onnoselheid, daar is baie oorsake vir ongelukke. Onpadwaardige voertuie en bestuur sonder lisensies is nog!

Gert van Wierdapark ·

Motor voertuie is een van die gevaarlikste “wapens” in SA!! Ongelukkig het baie drywers nie wettige lisensies nie, en padvarke doen, soos meeste taxi’s, net wat hul wil, sonder enige optrede teen hul!!

Ivan ·

n Drywer het nie n lisensie nodig vir n perfe of donkie kar nie, maar n motor voertuig bestuurder het wel n lisensie nodig. n Wettige een.

Mel ·

Wonderbaarlik dat almal lewe! Maar ja spoed is mos di in ding

SjN ·

Dit verg integriteit en skills om so n tipe voertuig te kan beheer, hier ontbreek dit as ek na die toneel kyk.

Hendrik van George ·

M4 is nie ‘n snelweg nie, maar daar word gejaag asof dit een is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.