Turffontein-konsentrasiekamp verfraai vir huldedag

(Foto: Verskaf)

Die Turffontein-konsentrasiekamp in Mondeor buite Alberton in die suide van Johannesburg is die afgelope naweek weer skoongemaak en verfraai in aanloop tot Konsentrasiekampdag.

Dié dag word elke jaar op 16 Junie herdenk nadat die Britse imperialis lord Roberts op 16 Junie 1900 die verskroeideaardebeleid aangekondig het.

Die Turffontein-konsentrasiekamp sal egter vanjaar vir die eerste keer ’n bymekaarkomplek wees waar daar op 16 Junie hulde gebring sal word aan die 716 vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog in dié konsentrasiekamp gesterf het.

(Foto: Verskaf)

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Oos-Rand-Kultuurnetwerk en ander vrywilligers het daarom Saterdag hul moue opgerol om die konsentrasiekamp te verfraai.

Barry Müller, kultuurkoördineerder van die FAK, sê die meeste erfenisterreine het agteruitgegaan.

“Dit is nou al ’n daaglikse verskynsel dat die mense in verskeie gemeenskappe self moet ingryp om die bakens te beskerm en te behou. Ek hoop van harte dat meer gemeenskappe sal begin ingryp en self verantwoordelikheid neem vir ons eie erfenisbakens.”

(Foto: Verskaf)

Rudolf Herbst, VF Plus Oos-Rand-raadslid en voorsitter van die Oos-Rand-Kultuurnetwerk, is ook oortuig dat al hoe meer vrywilligers na vore gaan kom namate hulle bewus raak van hierdie erfenisterrein en “mede-eienaarskap daarvan vat, sodat ons verseker dit bly bewaar vir ook ons nageslagte”.

  • Die verskroeideaardebeleid het destyds die grootskaalse afbranding van plase en die wegvoering van die bevolking tot gevolg gehad. Plase is tot op die grond afgebrand, huise is vernietig en selfs al die vee is gedood. Vroue, kinders en bejaardes is weggevoer en in konsentrasiekampe aangehou, alles ’n Britse taktiek om die Boere se moed te breek en die guerrilla-oorlogstaktiek in die wiele te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ES ·

Goeie werk en dankie dat julle ons erfenis op daardie manier beskerm!

Andre ·

Baie dankie vir julle goeie werk en die tyd wat op geoffer word om ons boer vroue en kinders te kan onthou wat deur die engelse vermoor was.Dit is al manier hoe 16 Junie herdenk moet word1

trotsNAMSA ·

Dankie aan my mede Afrikaners ! Julle verwarm my hart en siel.

Vonkprop ·

Ons moet bietjie hierdie deel van die geskiedenis verfris by Malema. Hy lyk my onthou net goed wat hy self uitdink.

JohanR ·

Die Afrikaaner kon nog altyd doen, Baie hartseer in hiedie kamp en al die ander in die land. Ek is in 1954 gebore maar het baie by my Oums’s en Oupa;s se voete gesit en luister na wat die Britte aan gevang het.

Marthinus W ·

Mondeor is nie “buite Alberton nie”. Alberton val onder Ekhuruleni-munisipaliteit, Monder is deel van die suide van Jhb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.