Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 23:50 na die toneel op die snelweg tussen die Marlboro- en London-afritte ontbied. “ʼn Groot brand het die hele toneel verswelg en niemand kon naby die voertuie kom nie weens die erge hitte,” het Dollman gesê.
Hy het gesê volgens ooggetuies het ʼn bakkie aan die verkeerde kant van die snelweg gery en reg van voor met ʼn vragmotor gebots waarna die voertuie vlamgevat het. “Die brandweer is ontbied en was vinnig op die toneel om die brand te blus. Daar was geen oorlewendes nie en daar word vermoed minstens twee mense is tydens die botsing en brand dood,” het Dollman gesê.
Hy het gesê beamptes van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) was ook op die toneel.
Daar was geen oorlewendes nie, en hulle verwag dat minstens twee mense dood is in die brand? Ek so so dink anders het een van die voertuie nie ‘n drywer gehad nie?
Ai tog slimjan, daar kon meer as een persoon in een vd voeruie gewees het. Daarom minstens twee.
Gisteraand toe ek huis toe ry van die werk, was hul nog steeds besig om die toneel skoon te maak.
Did altyd jammer dat onskuldige mense moet seer kry omdat jy altyd ‘n idioot moet kry wat maak net soos hul wil…..