Fratsongeluk eis lewe van negejarige

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

ʼn Negejarige seun is Vrydag tydens ʼn fratsongeluk op ʼn plaas in die Paarl in die Wes-Kaap oorlede.

Drakenstein Farm Watch het in ʼn verklaring gesê die seun het sy balans verloor en van die agterkant van ʼn voertuig afgeval. Sy kop het onder die sleepwa se band beland.

“Alhoewel nooddienspersoneel van DFW vinnig op die toneel was, kon niks vir hom gedoen word nie. Dié ongeluk het die nooddiensbeamptes en plaaswerkers op die toneel geraak. Ons wens die gesin baie sterkte toe en betuig ons innige meegevoel.”

Die Kaapstadse nooddienste en ER24 was vinnig op die toneel en het die bevindings van DFW se nooddienspersoneel bevestig.

Die polisie stel ondersoek in na die omstandighede rondom die tragedie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Ag genade, as kind het ons almal agter op oop bakkies gery maar daar was nooit soveel ongelukke van kinders soos van die huidige regering oorgeneem het nie. Dissipline!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.