Barry Ronge was een van Suid-Afrika se mees geliefde filmresensente, rubriekskrywers en kunsverslaggewers
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Julie 2022
Rooi Drake tem Bokke in Bloemfontein
Dit was ’n wedstryd wat soveel belofte getoon het. Maar uiteindelik was dit ’n teleurstelling vir die Springbokke.
Wimbledon-eindstryd: Rybakina klop Jabeur
Elena Rybakina het Saterdag die jongste speler sedert 2011 geword wat die vroue-enkelspeltitel kon wen.
Só lyk beurtkrag vir die volgende paar dae
Fase 4-beurtkrag sal van Sondagmiddag toegepas word met verskeie fases beurtkrag deur die loop van die week.
Twee beseer in Worcester-vliegtuigongeluk
Twee persone is Saterdagoggend beseer in ʼn ligtevliegtuig-ongeluk in Worcester in die Wes-Kaap.
Minstens elf sterf in sneeustorting
Die sneeustorting het een dag ná rekordhoë temperature van 10 °C op die piek van Marmolada aangeteken is.
Toetsrugby: Engeland kry hou in teen Wallabies
Waar die Engelse verlede Saterdag in Perth ook voor was, maar toe in hul doppe gekruip het, het hulle dié keer kop gehou.
Hollywood: Drie Michael Jackson-liedjies van stromingsdienste geskrap; nog planne vir ‘Stranger Things’
Ná verskeie klagtes dat die stem wat in dié trefferliedjies gehoor kan word, nie dié van Michael Jackson is nie, is dit van stromingsdienste verwyder.
Mango’s, die fynproewer se droomhappie
As pryse toegeken moet word vir die interessantste vrug wat plaaslik gekweek word, is die kanse goed dat mango’s, of veselperskes, met die goue medalje sal wegstap. Besoekers aan die Laeveld en ook die Wildtuin (Orpen-hek) kan gerus by Mohlatsi inloer vir dié lekkernye.
Handgemaakte wapen gebruik in Abe-sluipmoord
Die motief vir die aanval hou glo verband met ‘n vermeende godsdienstige organisasie teen wie die aanvaller ‘n wrok gekoester het.
Eerste SA melkfees ooit
“Ons wil die melkboer en die verbruiker bymekaar bring en die publiek opgewonde oor melk maak.”
Kaaps kry lewe in André Trantraal se stories
André Trantraal het Maroela Media se vrae oor sy kinderboeke, skryfwerk en dié taal wat hom na aan die hart lê in ware Afrikaaps beantwoord.
Toetsrugby: Iere gee futlose All Blacks bloedneus
Ierland het Saterdagoggend in Dunedin slegs sy vierde oorwinning ooit (in die afgelope sewe toetse!) oor die All Blacks behaal.
Voortvlugtige ná vier jaar weer aangekeer
Sy is in hegtenis geneem toe sy die grens van Suid-Afrika na Mosambiek wou oorsteek.
Perke en preke nie oplossing vir uitdagende tiener-vriendskappe
Kenners meen die antwoord is nie noodwendig so voor die hand liggend nie.
Foto’s: Tweede asem vir Mostert se Meul ná brand
Die ou meul was die laaste oorblywende meul in werkende toestand in Afrika en is meer as 200 jaar oud. Danksy die geesdrif van ʼn groep vrywilligers, word dit nou ná ʼn verwoestende brand tot sy volle glorie herstel.
Fratsongeluk eis lewe van negejarige
ʼn Negejarige seun is Vrydag tydens ʼn fratsongeluk op ʼn plaas in die Paarl in die Wes-Kaap oorlede.
Foto’s: ‘Nuwe’ Bokke slyp in Rosestad
Handré Pollard het op die vooraand van die tweede toets aangevoer dat die Springbokke nie vir Wallis sal terugstaan nie.
TikTok gedagvaar ná meisies sterf
Die sosialemediawebwerf TikTok word gedagvaar ná kinders gesterf het toe hulle aan ʼn “Blackout Challenge” deelgeneem het.
Geen parool vir Zephany Nurse se ontvoerder
Levona Solomon, wat 10 jaar tronkstraf uitdien vir die ontvoering van die drie dag oue Zephany Nurse in April 1997, se aansoek om parool is afgekeur.